REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA


DEBATTE
VAN DIE
PARLEMENT VAN DIE
PROVINSIE WES-KAAP
(HANSARD)

TWEEDE SESSIE - TWEEDE PARLEMENT
VAN DIE PROVINSIE WES-KAAP

Die teken * dui 'n vertaling aan. Die teken , waar dit later in dieselfde toespraak gebruik word, dui die oorspronklike taal aan.

	DINSDAG, 22 AUGUSTUS 2000	1815		


VERRIGTINGE VAN DIE WES-KAAPSE PROVINSIALE PARLEMENT


Die Huis kom om 14:19 byeen.

Die Speaker neem die Stoel in en lees die Gebed.

AANKONDIGINGS, TERTAFELLEGGINGS EN KOMITEEVERSLAE - kyk bl 1850.

INTERPELLASIES, VRAE EN ANTWOORDE - kyk bl 403.

WERKSAAMHEDE VAN HUIS

(Voorstel)

Die LEIER VAN DIE HUIS: Mnr die Speaker, aangesien drie interpellasies op die Vraelys gedruk is, vra ek dat die voorstel in my naam op die Ordelys gedruk -

Dat ondanks die bepalings van Rel 181, vier interpellasies op 22 Augustus 2000 hanteer sal word -

teruggetrek word.

Voorstel teruggetrek.

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: kan die Leier van die Huis net die taamlike onrelmatige optrede verduidelik om die voorstel wat hy ter Tafel gel het, soos ek hom verstaan, sonder kennisgewing terug te trek? Dit lyk of daar 'n mate van verwarring heers. Miskien is daar 'n rasionele verduideliking.

*Die SPEAKER: Orde! Nee, ek kan dit nie toelaat nie. Dit moet deur die Swepe gedoen word, wat die onderskeie partye moet inlig oor hierdie relings wat getref word. Ons het nie 'n voorstel voor ons nie, dus dink ek nie dat ons 'n punt van orde kan h nie. Dit raak nie die orde van die Huis nie.

EENSYDIGE KANSELLERING VAN
SITTING OP 23 AUGUSTUS 2000

(Voorstel)

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis, terwyl hy kennis neem daarvan dat -

(1) die sitting van 23 Augustus 2000 eensydig deur die koalisieregering gekanselleer is;

(2) 44 voorstelle sedert die begin van die jaar van kennis gegee is en wat nie deur die provinsiale Parlement bespreek is nie;

(3) die provinsiale Kabinet, in sterk teenstelling met ander provinsies, nie daartoe in staat was om voldoende wetgewing of beleid op te stel nie, om die Huis en sy staande komitees in staat te stel om gereeld en effektief te funksioneer nie; en

(4) as 'n gevolg hiervan die oorsig- en aanspreeklikheidsfunksies van die provinsiale Parlement en sy staande komitees ernstig verwaarloos en ondermyn is;

derhalwe 'n beroep op die Speaker doen om die Reglement toe te pas om te verseker dat -

(a) voorstelle wat op die Ordelys verskyn wel bespreek word;

(b) eensydige kansellasies van sittings gestaak word; en

(c) die oorsigfunksie van die provinsiale Parlement na behore uitgevoer word.

*Die SPEAKER: Orde! Is daar enige besware? [Besware.] Daar is besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing gestel word, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

WANGEDRAG, GEWELD EN DRONKENSKAP
BY RUGBY-WEDSTRYDE IN BOLAND

(Voorstel)

Mnr R J KING: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis met misnoe kennis neem van die toename in voorvalle van wangedrag, geweld en dronkenskap by klubrugby-wedstryde in die Boland, en 'n dringende beroep op die beheerliggaam van rugby in die Boland doen om meedonloos teen booswigte en die skuldige klubs op te tree.

Goedgekeur.

STUDENTERAADSVERKIESINGS BY
UNIVERSITEIT VAN PRETORIA

(Voorstel)

*Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis kennis neem dat die Nuwe NP by die Universiteit van Pretoria nie die kandidaat van die DP in die studenteverkiesing ondersteun nie en derhalwe ... [Tussenwerpsels.] ... vra ons ... [Tussenwerpsels.] ...

Die SPEAKER: Orde! Orde! [Tussenwerpsels.] Orde!

Mnr P C MCKENZIE: Meneer, ...

... en derhalwe vra ons of ons korrek is met ons voorspellings dat die nuut gevonde DA net nie werk nie.

*Die SPEAKER: Orde! Is daar enige besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing gestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing gestel word en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir bespreking by 'n later geleentheid.

NASIONALE RUGBY- EN KRIEKETSPANNE

(Voorstel)

*Mnr E ISAACS: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis die nasionale rugby- en krieketspanne gelukwens met hul oorwinnings teen Nieu-Seeland en Australi onderskeidelik, en die hoop uitspreek dat di prestasies in hul komende wedstryde in Durban en Singapoer herhaal sal word.

Goedgekeur.

ANC SE VERLIES AAN STEUN IN SARON

(Voorstel)

*Mnr N M ISAACS: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis kennis neem van die eis van die gemeenskap van Saron dat die Leier van die Opposisie moet bedank, en dat die ANC steeds in daardie streek steun verloor.

*Die SPEAKER: Orde! Is daar besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing gestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing gestel word en dit sal daarom op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.
DROOGTE IN SUID-KAAP EN KLEIN KAROO

(Voorstel)

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis kennis neem van die invloed van die droogte op boere van die Suid-Kaap/Klein Karoo, en 'n beroep op die nasionale Minister van Landbou en Grondsake doen om die streek te besoek en kontak met die boere en werkers in die streek te maak en om die invloed van die droogte te bepaal.

Goedgekeur.

POLISIEMANNE OP KHAYELITSHA-PHILIPPI-TREIN GEWOND

(Voorstel)

Mnr D SILKE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis sy waardering uitspreek teenoor konstabel Wellman Somlotha, konstabel Mpumelelo Landu en sersant Sebenzile Vetbooi wat Saterdag gewond is terwyl hulle die publiek op 'n trein tussen Khayelitsha en Philippi beskerm het, hulle bedank vir hul opoffering en hulle 'n spoedige herstel toewens.

Goedgekeur.

EKONOMIESE ONTWIKKELING VAN KMMB-SEKTOR

(Voorstel)

*Mnr M LOUIS: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis, na 'n besoek deur die Staande Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling aan gebiede soos Khayelitsha, Mitchells Plain en Philippi -

(1) sy besorgdheid uitspreek oor die gebrek aan 'n gemeenskaplike benadering tot die kritieke ekonomiese ontwikkeling van die klein, medium en mikro besighede deur alle vlakke van regering;

(2) 'n beroep op alle vlakke van regering doen om onmiddellik 'n omgewing te skep om klein, medium en mikro besighede te help, met spesifieke verwysing na innoverende wetgewing vir klein sakeondernemings, loodsingsgeld, ondersteuningsdienste en die afbakening van hergesoneerde industrile gebiede, veral in voorheen agtergeblewe gebiede; en 

(3) 'n beroep op alle banke doen om hul maatstawwe vir die ondersteuning van di kritieke sektor, te heroorweeg.

Goedgekeur.
OPRUIMING VAN OLIELEKKASIE UIT TREASURE

(Voorstel)

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis, terwyl hy kennis neem -

(1) van die omvangryke omgewingskade aan die marine-hulpbronne en die kus van die Provinsie wat veroorsaak is as gevolg van besoedeling deur die skip, Treasure;

(2) dat duisende seevols, insluitende pikkewyne, duikers en malgasse deur die dood bedreig is as gevolg van die ramp;

(3) dat die nasionale Departement van Omgewingsake en Toerisme, die provinsiale Departement van Omgewing- en Kultuursake, die Wes-Kaapse natuurbewaringsraad, verskeie plaaslike regerings, SANKUB en ander nie-regeringsorganisasies vinnig gemobiliseer is in 'n gesamentlike poging om die ramp te hanteer; en

(4) dat duisende Kapenaars van uiteenlopende agtergronde hul tyd en hulp aangebied het om met di opruimingsproses te help;

derhalwe glo dat as daar nie so 'n onmiddellike optrede en noue samewerking tussen openbare instansies en regeringsinstellings was nie, die ramp 'n ontsaglike uitwerking op die toeriste en ander bedrywe van die Provinsie sou gehad het, en derhalwe alle vrywilligers, SANKUB, ander nie-regeringsorganisasies en staatsdepartemente bedank vir die duisende ure se harde werk met die opruimingsproses en hulle gelukwens met die sukses van die operasie.

Goedgekeur.

AANTYGINGS TEEN ME F J ADAMS

(Voorstel)

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis kennis neem dat die Premier nie op die vorige versoek vir die afdanking van die voormalige Minister in die Kantoor van die Premier rakende aantygings oor Tonko Bosman Primre Skool ag geslaan het nie ...

Me F J ADAMS: [Onhoorbaar.]

Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, kan ek beskerm word teen die eerlike agb lid me Adams?

*Die SPEAKER: Orde! Orde! Die agb lid mag voortgaan.

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, ek gaan voort:
... en dat 'n finale verslag deur die Interne Ondersoekeenheid opgestel is ...

Het die agb lid me Adams die verslag gesien?

*Me F J ADAMS: Ja.

Die SPEAKER: Orde!

*Mnr C M DUGMORE: Dit is 'n erkenning wat ek dink ondersoek moet word. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! Orde!

Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, ek gaan voort:

... en aan die Direkteur-generaal voorgel is, maar nog nie vrygestel is nie; dat die verslag aan die publiek van die Wes-Kaap vrygestel moet word; en dat die Huis derhalwe 'n beroep doen vir die publikasie van hierdie verslag, en vir die skorsing van die agb lid me Adams totdat die aangeleentheid deur die Openbare Beskermer ondersoek is.

*Die SPEAKER: Orde! Is daar enige besware? [Besware.] Daar is besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing gestel word, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

TOEWYSING AAN WES-KAAPSE
RAAD OP DOBBELARY EN WEDRENNE

(Voorstel)

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis die Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme versoek om dringend 'n verslag aan die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe voor te l, aangaande sy magtiging vir die toewysing van R8,6 miljoen aan die Wes-Kaapse Raad op Dobbelary en Wedrenne.

Goedgekeur.

NUMSA-VOORSTEL

(Voorstel)

*Die MINISTER VAN ONDERWYS: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis, terwyl hy kennis neem daarvan dat die Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika 'n beroep gedoen het dat die ANC verwyder moet word as die leidinggewende party van die drieledige alliansie as gevolg van sy onbevredigende prestasies op verskeie vlakke, en derhalwe tot die gevolgtrekking kom d at die drieledige alliansie toenemend disfunksioneel word tot nadeel van regering in Suid-Afrika.

*Die SPEAKER: Orde! Is daar enige besware? [Besware.] Daar is besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing gestel word en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

RASSISTIESE OPMERKINGS DEUR RAADSLID
VAN SUID-SKIEREILANDSE MUNISIPALITEIT

(Voorstel)

Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis sy kommer uitspreek dat die raadslid van die DP, Yvonne Woods, wat erken het dat sy ges het dat die monde van kleurlinge vuil is en dat kleurlinge soos konyne aanteel, steeds 'n raadslid van die Suid-Skiereilandse Munisipaliteit is en steeds 'n salaris ontvang, en dat dit die persepsie versterk dat die Nuwe NP/DP-koalisie onbeskaamde rassiste beskerm.

Die SPEAKER: Orde! Is daar enige besware? [Besware.] Daar is besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing gestel word en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

ANTWOORD VAN PRESIDENT AAN SUID-KAPENAARS

(Voorstel)

Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die nasionale Minister vir Landbou en Grondsake, wanneer sy die Suid-Kaap besoek, die antwoord ...

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: ek wil u graag na die Rels verwys, wat dit baie duidelik stel dat 'n substantiewe voorstel met dieselfde inhoud nie gedurende dieselfde sessie voorgestel kan word nie. [Tussenwerpsels.]

*Die SPEAKER: Orde! Ons het 'n punt van orde.

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, as ek net kan afsluit. Dit was duidelik dat die agb Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke se voete onder hom uitgeslaan is en dit is waarom hy nou hierdie voorstel wil voorstel.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

*Die SPEAKER: Orde! Die agb lid se punt van orde is geldig. Ek moet egter eers na die inhoud van die voorstel luister ...

*Mnr C M DUGMORE: Dit spyt my.

*Die SPEAKER: ... en dan sal ek 'n beslissing gee. Die agb Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke kan voortgaan.
Die MINISTER: Mnr die Speaker, my voorstel is:

Dat die nasionale Minister vir Landbou en Grondsake, wanneer sy die Suid-Kaap besoek, die antwoord van President Mbeki aan die mense van die Suid-Kaap oordra.

Die SPEAKER: Orde! Die agb Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke moet die voorstel by die Tafel indien, waarna die Stoel daaroor sal kan besluit.

Mnr R WILLIAMS: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: ek wil verneem of die Huis daardie voorstel kan aanvaar vanwe die feit dat dit vaag en verwarrend is.

Die SPEAKER: Orde! Ek het ook probleme gehad om presies te volg wat die inhoud van die voorstel is. Die agb Minister sal dit deur die bodes aan die Tafel besorg en die Stoel sal besluit oor of dit op die Ordelys verskyn, al dan nie.

AGTSTE WES-KAAPSE WYSIGINGSWETSONTWERP
OP DOBBELARY EN WEDRENNE [W11-2000]

(Indiening en Eerste Lesing)

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Mnr die Speaker, aansien dit die Eerste Lesing is, is ek van plan om bondig te wees.

In die eerste plek wil ek dit weer eens absoluut duidelik stel aan die Huis dat ek geen verskonings maak vir 'n agtste wysiging van die Wet nie. Ek glo dat die dobbelbedryf 'n bedryf is wat aan die beweeg is ... [Tussenwerpsels.]

*Mnr C M DUGMORE: [Onhoorbaar.] ... dobbelaar.

*Die MINISTER: My antwoord op die vraag van die agb lid is dat ek wens hy wil leer om my naam reg te spel en ek wens hy wil ophou om 'n rassis te wees.

*Mnr C M DUGMORE: Wanneer laas het jy gedobbel?

*Die MINISTER: Ek het gedobbel deur die vraag van die agb lid oor die vloer te beantwoord.

Die Wes-Kaapse Wet op Dobbelary en Wedrenne het in 1996 in werking getree. In 'n nuwe bedryf soos die dobbelbedryf, is dit vir ons baie nodig om nie te aanvaar dat die Wet in klip gegiet is nie, en dat die Wet van tyd tot tyd gewysig moet word en dat ons in die belang van die bedryf voortdurend wysigings sal aanbring.

Mnr die Speaker, ek wil graag duidelik s wat die Agtste Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op Dobbelary en Wedrenne behels. In die eerste plek is die Wes-Kaapse Raad op Dobbelary en Wedrenne 'n BTW-geregistreerde liggaam, terwyl die Provinsie nie BTW-geregistreer is nie. Een van die hoofitems wat die Wetsontwerp behandel, is om absoluut seker te maak dat daar hoegenaamd geen dubbelsinnigheid daaroor bestaan dat die geld wat na die Provinsie toe kom, nie BTW insluit nie en dat daar geen BTW daarop betaalbaar is nie. Dit behoort enige verwarring wat in verband met daardie kwessie ontstaan het, uit die weg te ruim.

In die tweede plek glo ons dat dit van tyd tot tyd, in die belang van inflasie, nodig sal wees om die bod-bedrae te verhoog, en dit het ons gedoen. Kom ek noem 'n voorbeeld. Agb lede kan dit verwarrend vind dat die Goodwood bod verhoog is. Ons moet hierdie bedrae voortdurend verhoog, selfs al is die lisensie toegeken, want daar is lisensies wat in die toekoms betaalbaar kan word, of om die een of ander rede weggeneem of teruggetrek kan word, en 'n mens sou dan na 'n hor vlak ten opsigte van die bodgelde moet gaan. Daarbenewens is daar ander klein wysigings van 'n tegniese aard.

Mnr die Speaker, ek stel die Eerste Lesing voor.

Wetsontwerp vir die eerste maal gelees.

BELASTING WAT MUNISIPALITEITE VIR
MUNISIPALE DIENSTE SAL HEF

(Saak van Openbare Belang)

*Mnr P C MCKENZIE: Me die Speaker, dit is op die oomblik 'n aktuele aangeleentheid en ons bedank u daarvoor dat u die onderwerp op die Ordelys geplaas het vir debat.

Die kwessie van belasting was nog altyd 'n baie emosionele aangeleentheid. Daar is niemand in die Huis wat kan s dat die tariefstelsel wat in die verlede gebruik is 'n regverdige of billike stelsel was nie. Ons huidige raadslede het genoeg onbillikhede met die verspreiding van die belasting wat betaalbaar is, gerf, en die vernaamste rede hiervoor was die erfenis van die verouderde kieserslys.

Die laaste goedgekeurde algemene eiendomswaardasie binne die voormalige Stad Kaapstad-gebied is op die 1979-kieserslys gebaseer. Niemand in die Huis kan ontken dat die 1979-waardes tog seker nie die patroon van huidige eiendomswaardes weerspiel nie.

Me die Speaker, ons ken almal die argumente van die verlede met die belastingbetalers van Grassy Park. Die mense van Grassy Park het altyd gekla - en die feite bewys dit - dat hulle hor belasting betaal het as die mense wat in Constantia woon. Die agb Premier is deeglik hiervan bewus omdat hy sal onthou hoe ons as 'n gebied oor hierdie kwessie geveg het. Die agb lid mnr N M Isaacs is ook deeglik bewus van hoe mense aan albei kante van die Huis keer op keer die onbillike belasting wat mense in die townships moes betaal het, gekritiseer het.

Daar sal ook onthou word dat mense in die townships gelde in plaas van tariewe betaal het. Mense het nie net belasting betaal nie, hulle het belasting sonder verteenwoordiging betaal. Die meeste mense in hierdie stad het munisipale belasting betaal, maar hulle is nie in enige rade verteenwoordig nie. En soos 'n agb lid 'n jaar gelede aan ons ges het, moes hulle ook die rekeninge vir gemeenskapsgeriewe betaal, hulle moes administrasiegeld betaal en hulle moes ook tot die salarisse van amptenare in townships bydra, en so kan ek voortgaan.

Me die Speaker, ons weet dat die Stadsraad van Kaapstad destyds deur die DP beheer is.

*Mnr D SILKE: Onsin.

*Mnr P C MCKENZIE: Die agb lid s, "Onsin". Hy weet dit is heeltemal korrek. Toe ons beswaar gemaak het teen die onregverdige tariefbepaling in die stelsel, het die DP-Stadsraad van Kaapstad niks gedoen om die arm mense met hierdie aangeleentheid behulpsaam te wees nie. Me die Speaker, omdat u self in Goodwood was, weet u baie goed hiervan en hoe ons daarvoor baklei het. Vandag, wanneer dieselfde mense s dat ons 'n regverdige belastingstelsel tot stand moet bring, is dit weer die DP wat teen die stelsel veg.

Me die Speaker, die DP het 'n baie kort geheue. Hulle kon dalk vergeet het, maar miskien moet ons hulle daaraan herinner dat die voormalige Stadsraad van Kaapstad in 1990 'n nuwe algemene waardasie gelas het. Voor die inwerkingtreding daarvan in Julie 1993 het dit egter duidelik geword dat die verskuiwing in die belastinglas wat op die nuwe waardasie gebaseer was, weg van die armer gebiede na die ryker gebiede sou wees. Dit is die feite en ons het dit almal gelees. In sy kiesafdelings het die DP die waardasieprosedure bevraagteken en in die besonder die kwessie van ter plaatse ondersoeke.

Ten spyte van die tegniese steun vir die akkuraatheid van die kieserslys deur die destydse waardeerdersprofessie, het die DP die algemene waardasie betwis. Die destydse DP-Stadsraad het nooit daardie beswaar teengestaan nie en die nuwe kieserslyste is nooit gemplementeer nie, en het daardeur enige toekomstige poging om groter billikheid in ons belastingstelsel teweeg te bring, in die wiele gery.

Me die Speaker, ek wil graag oor Pinelands praat, wat ook 'n DP-vesting is. Wat het die mense van Pinelands tot die arm gebiede bygedra? Wat het die mense en die belastingbetalers van Pinelands tot aangrensende townships soos Langa of selfs tot Garden Village bygedra? Hulle het niks bygedra nie. Hulle het op die vet van apartheid geleef en het geen bydrae tot die brer funksionering van 'n groter stedelike gebied bygedra nie.

Hulle het die strande gebruik, hulle het in die SBDe van ander gebiede handel gedryf en hulle het paaie en vervoernetwerke gebruik sonder om by te dra tot f die koste van die verskaffing, f die instandhouding van enige van die paaie buite Pinelands. Deur beskerm te word deur die Wet op Groepsgebiede, het hulle geen verantwoordelikheid vir sosiale uitgawe gedra nie, en vandag vind ons dat Pinelands die gebied is wat die meeste geraas in die koerante oor die nuwe belastingstelsel maak.

Me die Speaker, as ons om ons rondkyk, wat het ons gebiede gerf? Wanneer 'n mens kyk na die Seepunts, Claremonts, Welgemoeds, Plattekloofs, en so meer, vind 'n mens pragtige groen parke en pragtige banke. Maar wat het die mense oorkant die straat aan die ander kant gekry wat dieselfde belasting betaal het? Hulle het nie eens sypaadjies van daardie plaaslike owerheid gekry nie.

Mnr R J KING: [Onhoorbaar.]

Mnr P C MCKENZIE: Ek het dit genoem. As die agb lid reg geluister het, sou hy dit gehoor het.

Mnr R J KING: Ja. Ek het seker verkeerd geluister.

Mnr P C MCKENZIE: So ken ons jou.

*Die NP het die apartheidswette ingestel, maar die DP het dit geniet om die apartheidswette toe te pas.

Me die Speaker, ons staan voor die deur van ons eerste demokratiese plaaslike owerheidsverkiesings ooit. Wat het met ons eerste verkiesing gebeur? Aan die begin was hul slagspreuk, "Rooi gevaar". Toe ons die volgende verkiesing gehad het, was hul slagspreuk, "Swart gevaar". Ons gaan nou weer in November verkiesings h, en nou is hul slagspreuk, "belastinggevaar". [Tussenwerpsels.] Wat is die waarheid?

*Mnr D SILKE: Me die Speaker, ek wil graag aan die agb lid 'n vraag stel.

*Mnr P C MCKENZIE: Wanneer ek klaar is. Wat is die waarheid? Laat ek hulle s wat die waarheid is en hoe hulle die kiesers met die propaganda-oorlog mislei. Laat ons Mitchells Plain as 'n voorbeeld gebruik, waar eiendomme nou gewaardeer is omdat dit 'n nuwe gebied is, en dit vergelyk met Clifton, waar eiendomme nie sedert 1979 gewaardeer is nie. Dit word onmiddellik duidelik dat die mense van Clifton voordeel getrek het ten koste van die meerderheid burgers van hierdie stad. [Tussenwerpsels.] 

Me die Speaker, die waarheid is dat die nasionale wetsontwerp op eiendomsbelasting aan die nasionale Minister van Finansies die reg gee om verhogings te beperk. Munisipaliteite sal dus nie in staat wees om baie groot verhogings in te stel nie, omdat die wetsontwerp aan die nasionale Minister van Finansies die reg gee om 'n demper op daardie verhogings te plaas. Die agb lid hier sal weet dat plaaslike regering beperk is tot 'n styging van 5%. Ons moet nie aan die kiesers leuens begin vertel nie.

Ons moet elkeen van hulle aanmoedig om hul belasting te betaal. Die ANC en die Nuwe NP steun die Masakhane-program en dat mense belasting betaal. Dit het tyd geword dat die voordele wat op die rug van apartheid verkry is, gedeel word sodat ons nie weer 'n situasie soos daardie kry nie. Ek vra dus dat ons gehelp word om aan al die burgers van die Provinsie 'n beter lewe te gee; dat ons almal ons belasting betaal; en dat ons almal trots genoeg moet wees om te s dat ons 'n tarief betaal wat regverdig is, sodat dienslewering nie net in al die townships kan plaasvind nie, maar in die hele Stad Kaapstad.

*Mnr D SILKE: Me die Speaker, dit is vir my 'n groot plesier om vandag tot die debat toe te tree. Ek is baie bly dat die debat vandag aan die beurt kom, want dit het tyd geword dat kwessies met betrekking tot eiendom, en veral die kwessie van eiendomsbelasting in die Agtste Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op Dobbelary en Wedrenne bespreek word. Ek wil graag die agb lid mnr McKenzie bedank omdat hy dit vandag aan die orde laat stel het.

Me die Speaker, niks raak gewone burgers meer as wanneer hulle geld aan belasting moet betaal nie. Terwyl die meeste burgers egter hul verpligtinge teenoor die Staat begryp en aanvaar, word hulle vervreem en dwarstrekkerig wanneer hulle gevra word om te betaal vir 'n stelsel wat die potensiaal het om ondoeltreffend, onbillik en gebrekkig te wees.

Daar is wesenlike verskille tussen die ANC aan daardie kant en die DA aan hierdie kant van die Huis oor hoe hulle plaaslike regering sien en hoe hulle die toepassing van eiendomsbelasting sien.

'n AGB LID: Moenie vir die NP praat nie.

Mnr D SILKE: Die ANC wil 'n groter, magtiger gesentraliseerde staat h; die DA strewe na 'n kleiner, beter federale regering.

*Mnr C M DUGMORE: En Peter Marais?

*Mnr D SILKE: Hoe groter die regering, hoe meer belas hy. Kom ek noem 'n voorbeeld. Munisipale belasting is besig om te styg omdat plaaslike regering poog om alles te doen, van kleinsakeontwikkeling tot die administrasie van verkiesings, in plaas daarvan om te fokus op die kernkwessies, soos die verskaffing van water en vullisverwydering, wat basiese dienste is.

Me die Speaker, die ANC verwar groot regering met doeltreffende regering. 'n Vet, oorgewig burokrasie sorg nie vir die armes nie. Dit verorber eerder die meeste inkomste wat gen word om vir salarisse en administratiewe onkoste te betaal.

Huidige plaaslike ANC-owerhede boesem nie vertroue in nie en dit is dus geen verrassing dat gewone inwoners van hierdie stad en elders rondom die stad verafsku is oor potensile ho belasting nie. Waarom? Omdat byna die helfte van die 843 munisipaliteite in Suid-Afrika in 'n finansile krisis is. Een uit ses munisipaliteite is brandarm.

Munisipaliteite - en dit is nie net beperk tot die res van die land nie, die syfers is beskikbaar vir ons in die Wes-Kaap - skuld 'n totaal van R12,4 miljard, wat nagenoeg vyf maande se belasting en dienstegeld aan krediteure is. Dit is dus nie verbasend nie dat met sulke ondoeltreffendheid, en 'n feitelike mislukking van die alombekende Masakhane-veldtog van die ANC, daar nou pogings aangewend word om te kompenseer vir 'n onwilligheid om munisipale belasting te betaal deur wetsgehoorsame Suid-Afrikaners te oorbelas.

Me die Speaker, die mense wat belasting op huishoudelike eiendomme betaal, is sagte teikens. Hulle neig om dieselfde mense te wees wat inkomstebelasting, ... [Tussenwerpsels.] ... die nuwe Kapitaalwinsbelasting ... [Tussenwerpsels.] ... en Maatskappybelasting betaal. [Tussenwerpsels.] Me die Speaker, in kort, die oorgrote meerderheid middelklasse in hierdie land.

Die middelklas in Suid-Afrika is so klein dat die belastinglas op hom neig om buite verhouding te wees. Dit is waarom enige verhoging in een element van die oorhoofse belastinglas so 'n ernstige reaksie veroorsaak.

Baie besitters van eiendom het oor die afgelope paar jaar 'n dramatiese verhoging in belasting ervaar. Dit kan wees dat die belasting wat hulle voorheen betaal het, kunsmatig laag was. Ons gee natuurlik almal toe dat daar nie waarderings in Kaapstad was nie - dit is onaanvaarbaar - maar belasting vir sommige het feitlik verdriedubbel. Voorstelle van verdere verhogings word dus, om dit sagkens te stel, met klaarblyklike vyandigheid bejen. [Tussenwerpsels.]

Me die Speaker, baie belastingbetalers glo dat hulle eenvoudig nie waarde vir hul geld kry nie. Terwyl hulle belastingberekening verhoog het, het die dienste wat hulle ontvang het, agteruitgegaan, word dit minder dikwels gelewer of het dit heeltemal opgehou. [Tussenwerpsels.] Dit het hand aan hand gegaan met swak finansile bestuur aan die kant van baie munisipaliteite, en 'n gebrek aan 'n wil om geld te in wat aan rade geskuld word. Belastingbetalers sien dat hulle betaal, terwyl ander nie betaal nie, klaarblyklik sonder om daaroor aangespreek te word.

*Mnr P C MCKENZIE: Me die Speaker, ek wil graag 'n vraag aan die agb lid stel.

*Mnr D SILKE: Nee, me die Speaker.

*Die ADJUNKSPEAKER: Orde! Die agb lid mnr Silke is nie bereid om 'n vraag te neem nie. Die agb lid mag voortgaan.

*Mnr P C MCKENZIE: Omdat sy feite nie reg is nie.

*Mnr D SILKE: Me die Speaker, dit is klaarblyklik waar dat sommige mense in ernstige finansile moeilikheid is. Daar word bereken dat 1 uit 6 tegnies bankrot is, en slegs 1 uit 4 krediet by handelsbanke kan kry. Ter inligting van die agb lid mnr McKenzie, dit is inderdaad die syfers.

Maar nie al die finansile probleme kan aan die deur van swak bestuur en selektiewe skuldinvordering gel word nie. Die feit is dat munisipale dienslewering oor die afgelope vyf jaar 'n baie groter omvang aangeneem het. Dit is omdat sommige rade baie ambisieuse en soms baie onrealistiese idees het oor wat munisipaliteite kan en moet verskaf.

Munisipaliteite het ook gepoog om infrastruktuur wat in die verlede verwaarloos of onderontwikkel is, te verskaf of te vernuwe. [Tussenwerpsels.] Stem my kollegas in die ANC nie daarmee saam nie? [Tussenwerpsels.] Daarbenewens ... [Tussenwerpsels.] Dit is omdat hulle nie luister nie, me die Speaker. [Tussenwerpsels.] Me die Speaker, daarbenewens, en in 'n ernstiger trant, ... [Tussenwerpsels.] ...

Die ADJUNKSPEAKER: Orde! Orde!

Mnr D SILKE: ... het die Provinsiale en Sentrale Regerings funksies op plaaslike regering afgewentel en soms afgelaai sonder om aan hom die geld te gee om die funksies uit te voer.

Belastingbetalers is diep besorg oor hierdie wetgewing, maar hulle is tegelyk reg en verkeerd in hierdie verband. Hulle is reg om besorg te wees oor moontlike belastingverhogings, omdat hul gesinswoning vir die meeste mense hul grootste enkele belegging is en groot verhogings in die belasting wat hulle betaal, die verskil kan maak tussen hul huise besit en dit verloor. Hulle is reg om geviktimiseer te voel om gelde te betaal wat hulle eenvoudig nie kan bekostig nie.

Me die Speaker, daar is 'n gevaarlike aanname - en dit is 'n gevaarlike aanname aan daardie kant van die Huis - dat net omdat mense hulle eie huise besit, hulle deur 'n belasting-gulsige Regering uitgebuit kan word. Bloot omdat iemand 'n huis besit, wil daardie kant van die Huis voorgee dat 'n mens onbeperkte bedrae geld kan betaal. As ek al ooit iets gehoor het wat besonder onbillik en onregverdig is, dan moet dit dit wees. Hulle is gewone, hardwerkende Suid-Afrikaners wat eenvoudig nie kan bekostig om so 'n las te dra nie.

Belastingbetalers is verkeerd om net op die Wetsontwerp te fokus. Die oplossing vir bestraffende belasting is 'n ander en innoverende benadering tot munisipale finansies. Die oplossing is hoofsaaklik daarin gele dat verseker moet word dat munisipaliteite belasting vir eiendom in staatsbesit betaal moet word en vir die dienste wat hulle vir ander sfere van regering verrig; dit is daarin gele dat munisipaliteite hulle daarby hou om goeie en effektiewe basiese dienste te verskaf, eerder as om voor te gee dat hulle dienste kan bied wat hulle nie kan bekostig nie; dit is gele in doeltreffende, onpartydige verhaling van skuld; en dit l in aparte rekeninge vir alle dienste wat op 'n verbruiksgrondslag gehef kan word.

Me die Speaker, ons aan hierdie kant van die Huis wil die regte beskerm van diegene wat eiendom besit, en wil eiendomsreg uitbrei tot diegene wat nie eiendom besit nie. Dit is die paradoks van die Regering dat terwyl hy baie probeer doen, hy ook versuim om die noodsaaklike te doen.

Daar is 'n baie groot gevaar dat eiendomsregte in Suid-Afrika verweer word. Stygende eiendomsbelasting dreig om huiseienaars te oorweldig, veral pensioentrekkers en ander wat op 'n vaste inkomste leef.

Die Konsepwetsontwerp op Eiendomsbelasting bedreig ekonomiese groei, veral indien 'n grondbelasting op boere ingestel word. 'n Belasting van 2% op grond kan grondpryse met 12% laat daal en netto opbrengste kan insgelyks daal. Indien boere die ekstra inkomste deurgee, sal hor voedselpryse nog meer lyding vir die armes veroorsaak.

Me die Speaker, daar is 'n verskil tussen regulering en totale beheer. Die Konsepwetsontwerp op Eiendomsbelasting gaan te ver deur die belastingstelsel voorskryf wat alle plaaslike owerheidsrade moet gebruik, voor te skryf. Die voorstel van die Regering om 'n een-grootte-pas-almal saamgestelde belastingstelsel oor die lengte en breedte van Suid-Afrika in te stel, sal inderdaad mededinging tussen munisipaliteite ondermyn.

Enige nasionale regulerende raamwerk vir die heffing van belasting in Suid-Afrika moet verseker dat belasting regverdig, doeltreffend en teen die laagste moontlike koste gehef word, maar dit moet aan individuele munisipaliteite oorgelaat word om te kies tussen die opsies van uniforme belasting, 'n saamgestelde stelsel of die stelsel wat ons verkies - belasting op die perseelwaarde van 'n eiendom voor verbeteringe.

Me die Speaker, kortliks, daar moet buigsaamheid in die waardasiestelsel wees. Daarbenewens is dit onaanvaarbaar dat die Konsepwetsontwerp wye magte aan die Minister van Plaaslike en Provinsiale Regering verleen om regulasies oor die heffing van eiendomsbelasting uit te vaardig.

Die regulasies moet oop, adviserend en billik wees, en gegrond wees op wat ons glo die volgende beginsels is. Die plooibaarheid van waardasie-opsies en mededinging tussen munisipaliteite moet deur die wetsontwerp geakkommodeer word; belastingbeleid moet duidelik en ondubbelsinnig wees en geen ruimte vir omkopery of korrupsie bied nie; en toegewings moet gemaak word aan mense wat op 'n vaste inkomste leef, soos pensioentrekkers en diegene wat werklik nie kan bekostig om die hor belasting te betaal nie.
Ons het 'n deursigtige belastingstelsel nodig. 'n Vaste persentasie belasting moet gehef word, maar plaaslike rade moet afbaken hoeveel van hierdie belasting direk aan munisipale dienste bestee word en watter persentasie vir herverdelingsdoeleindes gebruik word.

Me die Speaker, die DA sal nie stygende openbare besteding aanvaar terwyl werklike dienslewering aan die armes daal nie. [Tussenwerpsels.] Inkomste moet tot voordeel van almal gebruik word en nie net om 'n ontsaglike lerskare van staatsamptenare vir dienste te betaal wat beter en goedkoper deur die privaatsektor verskaf kan word nie.

Die probleem met belasting en die probleem van die opposisie daarmee is dat die hele stelsel van plaaslike regering en die ekonomiese emparitief wat op die vlak van plaaslike regering toegepas word, in der waarheid die ekonomiese emparitief van die ANC is, wat steeds daartoe lei dat hierdie land 'n laer as verwagte groeikoers toon; dit is steeds die gevolg van die ekonomiese beleid van die ANC; en dit slaag steeds in hierdie land daarin om laer ekonomiese verwagtings en minder werkgeleenthede te verskaf. Waarom? Omdat ons steeds op 'n plaaslike vlak weier om alle dienste wat goedkoper deur private maatskappye verskaf kan word, uit te kontrakteer. [Tussenwerpsels.] Dit sal natuurlik belasting verlaag, maar my kollegas aan daardie kant van die Huis weier om privatisering as 'n bepaalde opsie te erken.

Me die Speaker, hulle is bekommerd oor waarom ons hor belasting nodig het. Dit is omdat hulle nie plaaslike regering en plaaslike rade doeltreffend bestuur nie. Ons moet meer dienste bied wat die absolute basiese dienste vir hele gemeenskappe verskaf, met verdere ekstra dienste wat op 'n individuele huishoudelike grondslag beskikbaar is; ons het beter finansile bestuur nodig met effektiewer vroe waarskuwingstelsels om finansile probleme te bespeur voordat dit tot bankrotskap lei; en ons het 'n strenger en ewerediger afdwinging van belasting en dienstegeld nodig. [Tyd verstreke.]

*Mnr R WILLIAMS: Me die Speaker, nadat ek na die agb lid mnr Silke geluister het, het dit heeltemal duidelik geword waarom die toenmalige adjunkleier van die DP in die provinsie, Cedric McNeill, daardie party met walging verlaat het, en die agb lid het dit so pas op 'n baie duidelike wyse bevestig. Hulle het geen empatie en geen begrip van mense nie, afgesien van die bevoorregte gemeenskappe in Pinelands, Constantia en Houtbaai wat hulle verteenwoordig. [Tussenwerpsels.]

Me die Speaker, die vals argumente gaan 'n mens se verstand te bowe. Die agb lid mnr Silke het na 'n laer groeikoers verwys. Hy moet vir ons s wat die groeikoers in 1992 was. Dit was 'n negatiewe groeikoers, maar ons het nou ten minste 'n positiewe groeikoers. [Tussenwerpsels.] Toe die DP en die NP plaaslike regerings beheer het, wat het hulle toe gedoen? Ons vind dat hulle in baie gevalle geld in hulle algemene belastingrekening, wat vir ander doeleindes geoormerk was, gebruik het ten einde belasting vir die bevoorregte gemeenskappe te verlaag, terwyl hulle elektrisiteit en ander dienste gemelk het.

Dit is heeltemal duidelik ...

Mnr R J KING: S gou vir ons wat skuld Worcester nadat jy burgemeester geword het? S gou vir ons.

Mnr R WILLIAMS: Worcester skuld niemand enigiets nie; al sy rekeninge is betaal. [Tussenwerpsels.] Die mense skuld vir Worcester; dit is wat dit is, maar Worcester skuld vir niemand nie.

Mnr R J KING: Watter mense skuld vir Worcester? [Tussenwerpsels.]

*Mnr R WILLIAMS: Me die Speaker, laat ons vir 'n rukkie die klaarblyklike aanval van die DP op die Wetsontwerp op Eiendomsbelasting ondersoek en kyk wat die histerie en aanstellery alles beteken.

In die eerste plek stel die wetsontwerp munisipaliteite in staat om 'n belasting op eiendom te hef. Dit verskil nie van bestaande wetgewing nie - om spesifiek te wees, Munisipale Ordonnansie No 20 van 1974.

In die tweede plek laat die wetsontwerp munisipaliteite toe om verskillende belastingkoerse vir verskillende kategorie te hef. Dit verskil weer eens nie met bestaande wetgewing nie.

Wat skynbaar die alarmklokkies laat lui in die sitkamers van Constantia, Houtbaai en Clifton, is dat die wetsontwerp munisipaliteite toelaat om kategorie van eiendom te bepaal volgens die gebied waarin die eiendom gele is. Dit sal munisipaliteite toelaat om verskillende belastingkoerse in verskillende gebiede te hef - dit is hul hoofbekommernis.

Me die Speaker, hierdie bepaling in die wetsontwerp is 'n uitdruklike erkenning dat daar groot verskille in die gehalte van fasiliteite en dienste binne munisipaliteite is. Dit is 'n deursigtige feit wat die DP blindweg weier om te erken. Die Wetsontwerp op Eiendomsbelasting laat munisipaliteite toe om hierdie ongelykhede aan te spreek, dus verskil dit nie baie van die bepalings van die Munisipale Ordonnansie nie. Die verskil is nou egter dat terwyl die Ordonnansie munisipaliteite toegelaat het om 'n spesiale heffing te hef en 'n spesiale belasting in 'n gedeelte van 'n munisipaliteit te hef, is daardie bepaling nooit deur rade wat deur die NP en die DP beheer is, gebruik nie. Hulle het dit nooit gebruik toe hulle bepaalde of spesiale werk en ondernemings in sekere bevoorregte dele van die gemeenskap in die munisipaliteite gedoen het nie. Hulle was geregtig om dit te doen, maar hulle het nooit enige lasgewing van die toenmalige Administrateurs gevra om dit te doen nie.

Dit is heeltemal duidelik wat die DP wil h in sy soeke om wit bevoorregting te beskerm. Hy wil voorkom dat ANC-beheerde rade tussen gebiede onderskei om hulle in staat te stel om die ongelykhede reg te stel wat die agb lid mnr McKenzie so duidelik hier uitgespel het.

Me die Speaker, die Wetsontwerp op Eiendomsbelasting poog ook om 'n duidelike en bepaalde struktuur te skep waarin differensiasie ten opsigte van eiendomsbelasting rasioneel aan die gehalte van diens en soort diens gekoppel word, sowel as aan die omstandighede - in die verlede en tans - van die belastingbetaler. Wat is daarmee verkeerd? [Tussenwerpsels.] 

Die wetsontwerp wil hierdie struktuur deur middel van die volgende metodes bereik: die daarstelling van die verskillende eiendomskategorie wat munisipaliteite kan gebruik ten einde gedifferensieerde belasting te bepaal. Di munisipaliteite sal nie 'n blanko tjek h nie. Die wetsontwerp maak ook voorsiening vir 'n infaseringstydperk op eiendom wat nie vantevore belas is nie of uitgesluit is of vrygestel is van belasting, of 'n eiendom of eiendom wat 'n buitengewone toename in waarde toon tussen die vorige waardasielys en die waardasielys wat in gebruik is toe die belasting gehef word.

Me die Speaker, die Regering gaan met deernis aan die belastingbetalers van Clifton s, "Ons sal julle nie dadelik met hierdie verhoging tref nie; ons sal dit laat infaseer oor 'n tydperk wat nie drie jaar te bowe gaan nie." Maar die DP vind selfs dit nie bevredigend nie.

Soos die agb lid mnr McKenzie ges het, sal die wetsontwerp die nasionale Minister vir Provinsiale en Plaaslike Regering in staat stel om 'n perk op die bedrag van die eiendomsbelasting te plaas wat munisipaliteite kan hef en 'n perk plaas op die jaarlikse persentasieverhoging in die eiendomsbelasting. Maar wat uiters belangrik is, die wetsontwerp skryf voor dat munisipaliteite die belastingbeleid na konsultasie met gemeenskappe aanvaar en dat die belastingbeleid mense wat aan belasting onderworpe is, op 'n regverdige wyse behandel.

In hierdie konteks beteken regverdigheid nie gelykheid nie, nie in die lig daarvan dat die diskriminasie van die verlede daarop gemik was en in werklikheid die wit gemeenskap bevoordeel het, hoewel die swart gemeenskap voorregte ontneem is nie. En ek gebruik "swart" in die generiese sin - kleurlinge, Afrikane en Indirs.

Deur munisipaliteite in werklikheid toe te laat om laer eiendomsbelasting in voorheen benadeelde gemeenskappe te hef, erken die Wetsontwerp dat, hoewel 'n gemeenskap wat aan elke mens gelyke behandeling gee - en dit is die doel van die ANC-Regering - dit nie bereik kan word deur aan te dring op eenderse behandeling in alle omstandighede voordat daardie doel bereik is nie. Dit is 'n voor die hand liggende waarheid dat die DP weer eens in sy soeke om wit voorregte te behou, hom dit nie kan indink nie en nie kan verstaan nie en nie sal verstaan nie.

Nadat 'n mens die refleksreaksie van die DP op die belastingkwessie - en veral op die Wetsontwerp - ten spyte van die voor die hand liggende waarhede oorweeg het, die enigste gevolgtrekking waartoe 'n mens kan geraak, is dat die plakkaatveldtog van die DP teen sogenaamde onbillike belasting kontekstueel en intellektueel gebrekkig is. Maar belangriker ...

*Die ADJUNKSPEAKER: Orde! Dit spyt my, die agb lid ...

*Mnr R WILLIAMS: ... is dat dit gegrond is op flagrante leuens, ...

*Die ADJUNKSPEAKER: Dit spyt my ...

*Mnr R WILLIAMS: ... wanvoorstellings en halwe waarhede ... [Tyd verstreke.]

*Mnr C M DUGMORE: Me die Speaker, ek is gevra om ... [Tussenwerpsels.] Me die Speaker, ...

Die ADJUNKSPEAKER: Orde! [Tussenwerpsels.] Orde!

Mnr C M DUGMORE: Me die Speaker, ek is gevra om te praat omdat ons provinsiale leier, mnr Rasool, aan 'n familiekrisis moet aandag gee. Ek hoop dat ek sal kan bydra tot die debat.

Me die Speaker, ek wil voortgaan waar ... [Tussenwerpsels.] ... die agb lid mnr R Williams afgesluit het. Die werklikheid is dat die plakkaatveldtog van die DP - en ons moet baie duidelik wees dat dit die plakkaatveldtog van die DP is - op leuens en verkeerde inligting gegrond is, en dit is die DP wat hierdie vrees en agterdog onder baie belastingbetalers geskep het.

Me die Speaker, die agb lid mnr Silke het sy toespraak begin deur na die DP te verwys. Ek was egter baie bly om die agb lid mnr Marais, wat nou derde in bevel van die Nuwe NP is, baie duidelik te hoor s dat dit nie 'n toespraak van die DA was nie, maar 'n DP-toespraak. Dit is belangrik om daarvan kennis te neem, en ons sien uit na die moontlike onderskeidings wat na vore sal kom sodra die DP en die DA hulle R4 miljoen manifes onthul om te poog om 'n voorstelling uit 'n son en 'n ster, of wat dit ook al is, te skep.

Me die Speaker, waaroor ons hier praat, is die kwessie van munisipale belasting. Van al die politieke partye het net die ANC 'n voorlegging gemaak in verband met ons visie vir die unistad. Die hele kwessie van debatte hou verband met die feit dat die DA hopeloos verdeel is oor hierdie bepaalde beleidskwessies, en as gevolg daarvan kon hulle nie 'n voorlegging aan die unistad-kommissie doen nie.

Die werklikheid is dat solank was wat hulle voortgaan in hierdie onheilige alliansie om kleurlingnasionalisme en wit liberalisme te probeer verbind, hulle hierdie provinsie gaan frustreer. Ons almal weet dat Afrikanasionalisme en kleurlingnasionalisme 'n baie nouer verbintenis het as wat wit liberalisme probeer bereik.

Me die Speaker, die ANC het gevra vir 'n wreldklas Afrikastad aan die punt van die Afrikakontinent. Ons het ook ges dat die vernaamste vyand waarvoor hierdie stad te staan kom, en dit hou ook verband met die kwessie van munisipale belasting, is die stryd teen armoede. Die ANC is besig om armoede te beveg en ons sal voortgaan om voorstanders van die geveg teen armoede te wees.

Ons stad is steeds 'n verdeelde stad. Daar is nie net verdeeldheid tussen ryk en arm nie, maar die verdeeldheid tussen wit en swart kan gesien word in die feit dat feitlik alle huisgesinne wat nie toegang tot basiese dienste in die Kaapse Metropool het nie, kleurling- en Afrikane gesinne is. Baie kleurling- en Afrikane gesinne ly groot armoede.

Die ANC se voorstelle, wat in werklikheid deur internasionale ervaring ondersteun word, is daarop gegrond dat as enige stad misluk om armoede te hanteer, dit die mense van daardie stad sal raak, en dit sluit die rykes sowel as die armes in. Dit is waarom die ANC baie duidelike voorstelle in verband met die belastingkwessie gedoen het. Ons glo dat elke burger van die provinsie en die unistad toegang tot 'n basiese pakket dienste moet h - en ek sal by die kwessie van belasting kom. Ons s dat daar 'n koppeling vir water by 'n huis moet wees; daar moet volle spoelsanitasie wees; en daar moet weeklikse sypaadjie-afhalings wees.

Die agb lid mnr Silke verstaan nie. Hy praat van die dienste wat nie gelewer word nie. Wat hy moet verstaan, is dat daar aan mense in hoofsaaklik die blanke gemeenskappe, soos by my huise op George of in Mowbray, oor die jare heen elke twee weke dienste gelewer is, waartydens tuinafval, en so meer, verwyder is. In die Stad Kaapstad gaan di dienslewering voort. Die toetrede van die ANC het meegebring dat daar ten minste 'n begin gemaak is met dienslewering een maal per week in plekke soos Athlone, wat onder die DP se bewind dit nie ontvang het nie. 

*Me die Speaker, ons s nou di dienste moet verder uitgebrei word. Dit is waarom die ANC ook s dat daar 'n 20- tot 60-amp elektrisiteitskoppeling vir elke ...

*Die ADJUNKSPEAKER: Orde! Dit spyt my, maar die agb lid se tyd is verstreke.

*Mnr C M DUGMORE: Me die Speaker, ek het sewe minute gehad.

*Die ADJUNKSPEAKER: Ses.

*Mnr C M DUGMORE: Nee, sewe minute. [Tyd verstreke.]

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Me die Speaker, ek wil na 'n paar kwessies verwys wat hier aangespreek is. Ek moet s, dit was 'n redelik oppervlakkige debat wat hier gevoer is. Ek het werklik gedink dat ons die gesprek verder sal voer.

Die eerste aspek waaraan ek wil aandag skenk, is eiendomsbelasting. Ons moet ten eerste aanvaar dat 'n munisipaliteit eiendomsbelasting moet in. Ons almal moet dit aanvaar. Dit is een van die hoofinkomstes van 'n munisipaliteit. Ek het nie gehoor dat iemand daaroor van mening verskil nie. Wat ek wel gehoor het, is meningsverskille oor die meganisme wat aangewend moet word en die herverspreiding wat moet plaasvind.

*Mnr C M DUGMORE: U ondersteun die nasionale Wetsontwerp.

Die MINISTER: Die agb lid het sy kans gehad.

Me die Speaker, ek wil 'n paar aangeleenthede aanspreek wat spesifiek in hierdie nuwe stuk konsepwet na vore kom. Ja, daar is enkele probleme en daardie probleme moet aangespreek word en ons moet dit duidelik op die tafel plaas. Ek wil al die politieke partye aanmoedig om dit teen 4 Oktober 2000 wel te doen.

Een van die grootste probleme met die stuk konsepwet wat op die tafel is, is dat dit in geheimhouding opgestel was. Niemand kan dit betwyfel nie. Ons het oor twee jaar ...

Mnr C M DUGMORE: [Onhoorbaar.]

Die MINISTER: Ja, daar was niks die afgelope 18 maande by Minmec oor hierdie spesifieke stuk wetgewing nie. Dit is presies dieselfde ding. Ons het uiteindelik gekom by die 12de wetsontwerp, as 'n mens dit so kan stel, wat vir kommentaar gepubliseer is.

Ek dink as daar een groot fout gemaak is, is dit dat dit geheim gehou word. Daar was geen rede om dit geheim te hou nie. Daar was geen rede om dit nie in die openbaar te bespreek en dit uiteindelik op die tafel te sit nie.

Mnr P C MCKENZIE: Hoe kan dit 'n geheim wees as dit op die Internet is?
Die MINISTER: Agb lede weet almal hoe dit op die Internet gekom het. Dit het op die Internet gekom nadat dit natuurlik ook maar uit die kantore van die ANC gelek het en sekere mense dit op die Internet geplaas het. Dit het oor die afgelope paar maande plaasgevind.

*Me die Speaker, ek wil na 'n paar goeie punte verwys wat in hierdie stuk wetgewing na vore kom. Die eerste punt is die rekenaarondersteunde stelsel wat ons in die wetgewing kan gebruik. Dit is die Rekenaarondersteunde Massa-takseringstelsel. [Tussenwerpsels.] Dit is een van die dinge wat ons in die metropolitaanse gebied nodig gaan h - nie in die ... [Tussenwerpsels.] ...

Die ADJUNKSPEAKER: Orde! Orde!

Die MINISTER: ... nie-metropolitaanse gebied nie, maar spesifiek in die metropolitaanse gebied - om ons waardasielyste so gou moontlik op die tafel te h. Ons besef dat daar 'n gebrek aan een samehangende gentegreerde waardasielys in die metropolitaanse gebied is. Ons besef dat daar 'n gebrek aan 'n samehangende gentegreerde waardasielys in die metropolitaanse gebied is. Dit moet ons aanvaar. Ons kan nie met die waardasielys van 1979, sowel as di van 1980 en 1990, werk nie. Ons aanvaar ook dat daar 'n gelyke verdeling van belasting binne die spesifieke gebied gaan wees. [Tussenwerpsels.] Dit moet ons aanvaar, en ek dink nie dit is 'n probleem nie. Dit is 'n beginsel.

Waaroor ek bekommerd is, is dat hierdie stuk wetgewing, wat bemagtigingswetgewing vir die metropolitaanse gebied gaan wees, eers volgende jaar gemplementeer gaan word. Ons het dit eerder as later nodig. Dit is die een belangrike punt.

Nog 'n belangrike aspek wat hiermee verband hou, is die feit dat ons nie ingevolge hierdie regulasie 'n inspeksie hoef te doen nie. Dit gaan onmoontlik wees om elkeen van die 600 000 persele in die metropolitaanse gebied te inspekteer. Indien dit gebeur, sal ons seker vir die volgende vyf jaar wag vir 'n ordentlike waardasielys.

Ek wil egter 'n paar positiewe punte uitlig. 'n Mens kan nie altyd s die hele wet is sleg of die hele wet is goed nie. Daar is sekere elemente wat gebruik kan word en tot voordeel van die gemeenskap aangewend kan word.

Die metropolitaanse gebied het die spesifieke wet nodig. Daar is egter 'n paar probleme wat ek wil uitlig en waarna ons wel moet verwys. Een van daardie probleme is die belasting op infrastruktuur. Ingevolge die voorgestelde nuwe wetgewing sal daar nie enige belasting gehef word op spesifieke infrastruktuur in die metropolitaanse of nie-metropolitaanse gebiede nie. Daarmee stem ek heelhartig saam. Hulle moet die pype uitlos en ook sekere spoorwe, maar waarom word alle lughawens en hawens uitgesluit? Dit is belangrike dinge waarna ons sal moet omsien en vir mekaar sal moet s.

Mnr P C MCKENZIE: Hoekom stem Marthinus nie met jou oor di punt saam nie?

Die MINISTER: Het die agb lid mnr McKenzie gehoor hy het ook na lughawens en hawens verwys? [Tussenwerpsels.]
*Me die Speaker, ek wil voortgaan. Daar is 'n verdere aangeleentheid wat ons moet aanspreek. Hoewel ek die beginsel van 'n spesiale belastingdistrik aanvaar, en ons het dit reeds in die metropolitaanse gebied gemplementeer - ons het sowat twee of drie jaar gelede in die sentrale sakedistrik begin, en dit doen baie goed in daardie spesifieke gebied - is die verskil in hierdie bepaalde wetgewing ... [Tussenwerpsels.] Wat s daardie agb lid?

Mnr R WILLIAMS: Dit is waar jy dit gedoen het wat verkeerd is. Die beginsel is reg.

Die MINISTER: Me die Speaker, ek het dit daar gemplementeer en ek was deel daarvan, maar die probleem wat ons op hierdie stadium in di stuk wetgewing het, is dat daar slegs 'n proses van konsultasie met die gemeenskap sal wees. Dit gaan nie van die grond af kom in die geval waar die gemeenskap hulself kan uitspreek oor of hulle beter dienste wil h en hoeveel hulle bereid is om daarvoor te betaal nie. Hier word 'n blanko tjek aan 'n munisipaliteit gegee deurdat hulle dit op die gemeenskap kan afdwing na konsultasie met die gemeenskap. Soos ons almal weet, is dit nie genoeg om eenvoudig te konsulteer nie. Ons moet werklik die gemeenskap betrokke kry, indien hulle die spesifieke gebied opgegradeer wil kry.

'n Verdere belangrike punt, waarna reeds verwys is, is die fase en die infasering van die stuk wetgewing. Dit is baie interessant om te sien dat daar definitiewe onderskeid gemaak is met betrekking tot infasering. Sekere gebiede kan oor 'n periode van ses jaar infaseer word, maar dan is daar ander spesifieke areas wat oor 'n periode van drie jaar infaseer kan word. Dit is waar ons groot probleem l. Indien daar 'n 1 000%- of 2 000%-verhoging gaan kom - en niemand van ons weet wat dit gaan wees nie - is daar 'n langer periode van infasering nodig, of ons die realiteit daarvan wil aanvaar, al dan nie.

*Ek dink dus dat daar 'n tekortkoming in daardie artikel van hierdie konsepwetgewing is, aangesien die bevoegdheid slegs aan die munisipaliteit gegee word om dit te implementeer en dit oor 'n tydperk van drie jaar in te faseer. Daardie klousule moet ook toegepas kan word waar behoorlike infasering kan plaasvind en, indien nodig - ek s nie in alle gevalle - moet dit ook van toepassing wees op 'n periode van ses jaar.

Me die Speaker, daar het 'n baie interessante punt in die gepubliseerde Wetsontwerp na vore gekom. Daarin word bepaal dat daar nie nou 'n uitspraak oor tradisionele owerhede gaan wees nie. Niemand het daarvan melding gemaak nie. Dit is vir my 'n baie interessante punt. Waarom word hulle in Suid-Afrika uitgesonder? Waarom word ander groepe in Suid-Afrika nie uitgesonder nie? Waarom word daar nie in die besonder met die landbou onderhandel en na die landbou gekyk nie? Waarom word sekere tradisionele owerheidsgebiede uitgesluit van hierdie hele aangeleentheid?

Ek wil 'n verdere aangeleentheid beklemtoon, en dit is die regulasiebevoegdheid van die Minister. 'n Mens kan baie goed na hierdie konsepwet kyk en dink dit is 'n pragtige wetsontwerp met sekere gebreke. Indien 'n mens na die regulatoriese bevoegdheid van die Minister kyk, is dit 'n rede tot kommer. Die Minister kan voortaan inmeng in sekere aspekte, wat di van 'n munisipaliteit is en wat in die verlede nooit by die Minister berus het nie, en hy kan sekere bepalings in daardie verband maak. Dit is 'n groot bron van kommer en probleem in ons gebied.
Die agb lid mnr Dugmore het na 'n spesifieke punt van die ANC verwys. Ek het gesien die ANC-hoofwoordvoerder oor Plaaslike Regering, mnr Mowzer, het 'n aankondiging gemaak. Dit was onder dekking van redelike groot koerant-hoofopskrifte. Hulle het dit die Robin Hood-benadering tot die aangeleentheid genoem.

Mnr C M DUGMORE: Dit was die Cape Argus.

Die MINISTER: Nee, moet nie die Cape Argus nou die skuld gee nie. Die Cape Argus het raadslid Mowzer eenvoudig aangehaal. As agb lede dan nie tevrede is dat hy die aankondiging gemaak het nie, met hulle rustig wees daaroor. Daarin het hy ges, en ek haal aan:

The ANC wants the rates account to be used to pay for all services for the public good.

Dit is die belangrike punt. Waar begin "public good" en waar stop dit? Is dit nie 'n duidelike klemverskuiwing wat ons nou kry nie, dat mense nie vir dienste moet betaal nie, "but they will get funding via the rates from the specific municipality"? Dit is 'n verskriklike verkeerde beginsel wat 'n mens dan in hierdie geval volg. Wat ons vir mekaar duidelik s, is dat mense vir dienste moet betaal. Wat hulle hier wil doen, is hulle wil eintlik mense aanmoedig om nie vir dienste te betaal nie en vir hulle te s, "Moet nie bekommerd wees nie, julle sal deur belasting gefinansier word".

Me die Speaker, ons moet besef dat die belangrike punt waaroor dit hier gaan, nie soseer is wat in die wet staan nie. Dit gaan oor hoe dit gemplementeer gaan word. Ek dink dit is die belangrike punt. Ons het reeds 'n duidelike aanduiding van die ANC gekry oor hul manier van implementering. In daardie geval gaan ons kredietbeheerbeleid heeltemal verval, want wie se water gaan 'n mens afsny, wie se elektrisiteit gaan afgeskakel word en watter dienste gaan gestop word? Sekere dienste moet gestop word, maar nee, hulle skuif dit eenvoudig nou alles na die belastingbasis. Dit maak dit baie eenvoudig.

Ek s vir agb lede dat munisipaliteite nog swaarder gaan kry as die beleid van die ANC in die Wes-Kaap en in Suid-Afrika gemplementeer word.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Dit is die boodskap wat die mense daar buite moet kry. Ek stem saam dat ons 'n wet nodig het. Dit is so dat daar sekere leemtes is. Ons kan dit dalk probeer regstel. Ons kyk egter spesifiek na waar die ANC hul diensteheffings na belasting wil skuif. Dit werk nie so nie, en dit kan nie so werk nie.

Uiteindelik moet ons ons waterrekening en al die ander diensterekenings ringmuur. Dit is goeie sakepraktyk. Ek s nie dat arm mense nie gehelp moet word nie. Natuurlik moet daar 'n deernisbeleid wees, maar ons moet spesifiek na ons water kyk. Ons kan nie eenvoudig vir mense s om nie bekommerd te wees nie en dat alles uit belasting gefinansier gaan word nie. Wie moet die belasting betaal? Wat maak 'n mens met daardie mense wat nie belasting betaal nie? Vat 'n mens hul huise terug of nie?

Me die Speaker, dit is ook heeltemal verkeerd om sekere gebiede uit te sonder en te s dat hulle in die verlede nooit bygedra het nie. Dit is glad nie die geval dat munisipaliteite of sekere gebiede nie bygedra het nie. [Tussenwerpsels.] Oor die afgelope jare word daar al regstellings gemaak met betrekking tot waardasies. Agb lede weet almal wat in die Kaapse munisipale gebied gebeur het. Daar was vanjaar, die vorige jaar en die jaar voor dit 'n belastingverhoging van tot 15% in sekere gebiede. Sekere gebiede het afslag gekry van 1%, 2%, 6%, 7%, 9% of 100%. Waar kom ons daaraan dat sekere gebiede nie hul kant gebring het en nooit 'n bydrae gelewer het nie? Dit is eenvoudig nie waar nie.

Pinelands het vanjaar 'n verhoging van 15% gehad, terwyl van die ander gebiede nie verhogings gehad het nie. Regstellings is reeds gemaak. Hulle het ook die verantwoordelikheid om vir die mense daar buite te s dat daar wel regstellings gemaak word.

Ons het 'n ou eiendomswaardasielys. Dit is nie 'n onoorkombare probleem nie. Dit is nie 'n probleem wat nie reeds oor die afgelope drie jaar aangespreek is nie.

Dit is baie interessant dat die agb lid mnr McKenzie na sekere gebiede in die Stad Tygerberg verwys het. Hy het na Plattekloof en Welgemoed en na parke verwys. Ek wil van hom weet waar die ANC-raad dan is. Waarom doen hulle niks vir die mense nie? Slaap hulle in die Stad Tygerberg? [Tussenwerpsels.]

Me die Speaker, die agb lid mnr McKenzie het vandag 'n Tygerberg-das aan, en ek sien hy het ook 'n mooi briefhoof van Tygerberg gekry, maar wie is in beheer van die Stad Tygerberg? [Tussenwerpsels.] Nou blameer hulle die ... [Tussenwerpsels.]

*Die ADJUNKSPEAKER: Orde! Orde! [Tussenwerpsels.] Orde! Agb lede maak dit baie moeilik om dissipline in die Huis te handhaaf. Ek doen werklik 'n beroep op albei kante van die Huis om die persoon wat aan die woord is die geleentheid te gee om te praat en om gehoor te word. Vanwaar ek sit, is dit baie moeilik om te hoor. Die agb lid mnr Dugmore kan my toespreek.

*Mnr C M DUGMORE: Me die Speaker, ek het aanvanklik 'n vraag gehad, maar op grond van wat in die Huis gebeur, is ek verplig om 'n punt van orde te stel, as dit binne die orde is. Ek wil in die eerste plek vra of die agb Minister van Plaaslike Regering en Ontwikkelingsbeplanning 'n vraag sal neem.

'n AGB LID: Jy het lank geneem om dit te vra.

*Die ADJUNKSPEAKER: Wat is die agb lid mnr Dugmore se punt van orde?

*Mnr C M DUGMORE: Me die Speaker, op 'n punt van orde: is dit toelaatbaar vir die agb Premier om onaanvaarbare handgebare aan 'n ander lid van die Huis te maak? [Tussenwerpsels.]

*Die ADJUNKSPEAKER: Orde! Dit is vir my baie moeilik om vanwaar ek sit hiermee te handel. Ek sal ook nie kan verwys na vorige Hansardverslae in verband met handgebare nie. [Gelag.]

*Mnr C M DUGMORE: Me die Speaker, ek sal dit aan u beskryf. [Gelag.]

*Die ADJUNKSPEAKER: Orde! Ek doen 'n beroep op alle agb lede om nie die Huis in diskrediet te bring nie. Ek wil werklik nie h dat ons die Huis in diskrediet moet bring nie, of dit nou by wyse van handgebare, die woorde wat agb lede gebruik, of die soort tussenwerpsels is wat gemaak word. Die agb Minister van Plaaslike Regering en Ontwikkelingsbeplanning kan voortgaan.

Die MINISTER: Me die Speaker, ja, ek moes baie harder praat as normaalweg.

Me die Speaker, voor die onderbreking het ek verwys na die agb lid mnr McKenzie se deelname aan die debat. Hy het 'n direkte aanval geloods oor wat in die Stad Tygerberg gebeur. Die vraag wat ek aan hom stel, is: waarom sorg die ANC nie dat daar ordentlike dienste in die Stad Tygerberg gelewer word nie? [Tussenwerpsels.] Hulle kla heeltyd oor parke in sekere gebiede. Hulle het 'n totale begroting wat beheer kan word en ingevolge waarvan hulle prioriteite kan bepaal. Hulle het nie 'n tweederdemeerderheid nodig gehad nie, dus hulle kon nie eers geveto word met betrekking tot die begroting nie. Nou kom die agb lid mnr McKenzie hier vinger wys en s daar is ander partye wat nie die diens lewer nie.

Ek moet ongelukkig s dit het baie laat in die dag geword. Die kiesers kom nou in opstand en vra waarom dienste nie gelewer is nie. Nou probeer die ANC vinger wys na ander partye en s dit is die ander partye wat nie die dienste gelewer het nie.

Ek wil die syfers noem van wat in die spesifieke gebiede gebeur het. Daar is na Pinelands en ander gebiede verwys. Die belasting van Pinelands en Clifton het vanjaar met 15% gestyg, di van Bishopscourt en Kampsbaai met 13% en di van Nuweland, Bo-Claremont, Vredehoek, Oranjezicht en Tuine met 11% gestyg. Dit is op verskillende kategorie ingedeel. Die belasting is bepaal volgens die waardasies in daardie gebiede. Belastings in arm gebiede, soos Hanover Park, Manenberg, Tafelsig, Guguletu en Langa, het egter met 1% gedaal. Nie een agb lid het dit vandag genoem nie. Dit is die realiteite waarvan hulle moet kennis neem en wat hulle duidelik in ag moet neem.

Dit is baie jammer dat ons vandag vir mekaar moet s dat die hele belastingdebat 'n negatiewe wending geneem het. Dit is ook jammer om in die koerant te lees dat sekere mense in die Epping Industrile gebied vir die Stad Kaapstad s dat hulle hul belasting gaan onttrek omdat Kaapstad nie daar 'n diens lewer nie. Dit is die een ding wat ons moet voorkom. Die stabiliteit wat ons vir plaaslike regering sal moet verseker, is dat mense betaal vir die dienste wat aan hulle gelewer word -ten eerste is dit die belasting en ten tweede is dit die dienste. Dat daar wel 'n deernisbeleid moet wees en dat daar wel na mense omgesien moet word wat dit nie kan bekostig nie, is eenvoudig nie te betwyfel nie.

Ons wil vir die ANC s, wat ook hul invloed kan uitoefen by hul nasionale Minister, om ten minste toe te sien dat, aangesien die wet deurgevoer moet word, dit 'n werkbare wet is wat aanvaar moet word. Dit moet nie net 'n wet wees wat vir alle mense goed is nie; dit moet 'n wet wees wat werklik konsekwent toegepas kan word. Dat dit 'n nasionale wet gaan wees, en daar nie 'n provinsiale wet daaroor is nie, is nie die grootste krisis op aarde nie. Wat ons wel vir mekaar moet s, is dat ons hierdie wetgewing, wanneer dit wet word, konsekwent in ons gemeenskappe moet kan toepas.

Me die Speaker, dit help nie ons het 'n bron van inkomste en daardie bron van inkomste moet elke jaar net groei en groei en ons kyk nie na ander bronne nie, ons kyk nie na ons uitgawes nie en ons kyk nie na ons kredietbeheer nie. Ek het by die meeste munisipaliteite die mooiste kredietbeheerbeleid gesien, maar die probleem l by die implementering daarvan. Dit is waarom die agb lid mnr King gevra het wat in Worcester gebeur. [Tussenwerpsels.] Wat gebeur in George? Dit is gebiede waarna ons moet omsien en aan wie ons ondersteuning moet gee, sodat hulle ten minste aan die einde van die maand salarisse aan hulle mense kan betaal.

Waarom het 'n munisipaliteit wat 'n groot surplus gehad het en waar dit goed gegaan het, binne vyf jaar amper totaal in duie gestort?

Mnr R WILLIAMS: [Onhoorbaar.]

Die MINISTER: Die agb lid mnr R Williams kan maklik praat. Ek wil vir hom vra wat in Worcester gebeur het terwyl hy burgemeester was en daar 'n kontrak aangegaan is vir 'n rekenaarstelsel. Hulle het R7,5 miljoen betaal. Ek sal vir agb lede s wat nou moes gebeur het. Ek moes onlangs bemiddel sodat hulle tog net R2 miljoen by daardie munisipaliteit kan terugkry. [Tussenwerpsels.] Hulle sou totaal in duie gestort het. Hulle sou nie eens hul amptenare kon betaal nie.

AGB LEDE: Skande!

Die MINISTER: Mevrou, ons sal moet toesien dat gesonde finansile beheer ingestel word. Die belasting en die belastingwetgewing is maar een van die belangrike komponente waaroor dit gaan. [Tussenwerpsels.]

Debat afgesluit.

*Die ADJUNKSPEAKER: Orde! Orde! Ek voel in werklikheid verplig om agb lede vir twee uur lank te hou! [Tussenwerpsels.] Ek wil hulle egter inlig dat, aangesien dit 17:15 is, ons onmiddellik sal oorgaan tot die bespreking van die volgende Saak van Openbare Belang wat op die Ordelys gedruk staan in die naam van die agb lid mnr A J Williams.

AANVALLE OP BOERE IN PROVINSIE

(Saak van Openbare Belang)

Mnr A J WILLIAMS: Me die Speaker, dit was baie bemoedigend om na die laaste plaasmoorde, wat ongeveer twee weke gelede in die Citrusdal-distrik plaasgevind het, 'n eenheidsgevoel in die Parlement te bespeur toe alle politieke partye hul misnoe daarmee uitgespreek het.

*Me die Speaker, ongelukkig is navorsing oor die aard van die plaasaanvalle gekompliseer deur die gebrek aan 'n behoorlike en betroubare databasis wat inligting oor hierdie verskynsel bevat. Die SAPD beskik nie oor 'n kronologies gebaseerde misdaadverslagstelsel nie en die aanmelding van sulke insidente steun swaar op die diskresie van individuele polisiestasies. Fyner besonderhede met betrekking tot die kriminele dade, die plegers en die slagoffers is nie beskikbaar om vir die toetsing van sekere hipoteses voorsiening te maak nie.
Soms word mense gedood en gemartel in die teenwoordigheid van ander gesinslede, daar word gevind dat lyke geskend is, mense word vasgebind voordat hulle doodgemaak word en vroue word verkrag. In een geval is die lyk van 'n boer wat by Soekmekaar in die Noordelike Provinsie gedood is, "versier" met die kopligte en nommerplate van sy vragmotor om aan die boerderygemeenskap te wys dat die aanvallers in beheer was en dat hulle kon intimideer soos hulle wou.

Die aanvallers beoog nie bloot om die slagoffers dood te maak nie, maar in stede daarvan om pyn, vernedering en lyding toe te dien, veral in die geval van bejaardes, en spaar nie vroue en kinders nie. In verskeie gevalle is slagoffers gedood in omstandighede waar die aanvallers hulle doel bereik het en dit heeltemal onnodig was om dood te maak. Gewoonlik is die slagoffers doodgemaak, nie omdat hulle weerstand gebied het nie, maar klaarblyklik net ter wille daarvan om hulle dood te maak of om hulle as getuies te elimineer.

Geweld is die norm en moorde word dikwels met klaarblyklike onnodige wreedheid gepleeg. Indien 'n vrou teenwoordig is, word sy gewoonlik verkrag, volgens 'n NICOC-Statusverslag van 1997, bl 4. Nog 'n aanduiding van die buitensporige geweld wat met hierdie aanvalle verband hou, is die feit dat in 1997 40% van die slagoffers bejaardes van 60 jaar en ouer was. Die brutaliteit tydens hierdie aanvalle word verder beklemtoon deur die feit dat in 1997 84 (14,9%) van die slagoffers gedood is, en 'n verdere 292 (51,8%) beseer is, van wie 135 (23,9%) aangedui is as dat hulle ernstige beserings opgedoen het.

Volgens die Landbouweekblad kan dit 'n aanduiding wees dat die aanvalle met rassehaat, vergelding en/of suiwer terrorisme verbind kan word.

Die nasionale Ministers van Veiligheid en Sekuriteit en van Verdediging moet op 'n deurlopende basis met Agri SA samesprekings voer sodat daadwerklike pogings aangewend kan word om hierdie sinnelose menseverlies te stop.

Die 22 aanvalle op boere vanjaar in die Wes-Kaap alleen, is 22 aanvalle te veel.

Bewoners van die landelike gebiede word al hoe meer die prooi van misdadige elemente, en omdat hulle op verafgele plekke gevestig is, dra hierdie afgesonderdheid by om hulle bloot te stel aan hierdie misdadige elemente.

Indien dit nodig blyk te wees vir die uitbreiding van die vermons van die kommandostelsel om ons landbouers op die platteland te beskerm, moet die Regering die nodige hulpbronne voorsien.

Agri SA het gistermiddag op Radio Sonder Grense bekendgemaak dat daar verlede jaar 813 aanvalle op boere was, wat 'n toename van 5,7% getoon het op di van 1998. Verlede jaar het 144 moorde op plase voorgekom. Die vraag kan tereg gevra word: is die Staat by magte om na die veiligheid van sy burgers om te sien, of moet die burgers die maksimum voorsorg tref om hulself te beskerm?

Die landbou vorm 'n baie belangrike deel van Suid-Afrika se ekonomie, terwyl die landbou in die Wes-Kaap een van die vernaamste pilare is waarop ons gesonde en vooruitstrewende ekonomie gebou is. Word daar aan van hierdie pilare gepeuter, kan dit ons ekonomie onberekenbare skade berokken.

Die Wes-Kaapse Parlement moet die verto steun wat Agri SA gister voor die portefeuljekomitee van die Nasionale Vergadering gelewer het met betrekking tot die Wetsontwerp op Wapenbeheer. Hulle voer aan dat daar vir die landbouers, op grond van die verafgele, afgesonderdheid en die veiligheidsituasie 'n spesiale kategorie in die Wetsontwerp geskep moet word. Dit was bemoedigend om te verneem dat daardie portefeuljekomitee die saak van Agri SA goedgesind is. Agri SA, en natuurlik ook Landbou Wes-Kaap, is van die grootste werkverskaffers in Suid-Afrika. Destabilisering van die landbou sal beslis katastrofiese gevolge vir ons ekonomie h. 

Op 1 Augustus vanjaar het die Kaapse Hooggeregshof verneem dat aanvalle op plase en kleinhoewes in die Wes-Kaap toeneem.

Dit is nie net die eienaars wat tydens plaasaanvalle slagoffers word nie, maar ook die plaaswerkers en die besoekers word nie ontsien nie. Die hoofartikel van Die Burger van 10 Augustus 2000, onder die opskrif, "Nog Plaasmoorde", onderstreep die grusame plaasmoorde wat tans plaasvind. Gebrekkige wetstoepassing landwyd, werkloosheid en armoede, asook die sagte handjies waarmee geharde misdadigers hanteer word, dra by tot die huidige toestand.

Wanneer mense tydens 'n verkiesing na stembusse gaan, stem hulle onder andere vir 'n veilige samelewing vir hulle en hul kinders. As 'n regering nie 'n veilige samelewing vir sy landsburgers kan verseker nie, ontstaan daar 'n situasie wat daartoe kan aanleiding gee dat mense met alles tot hul beskikking self voorsorg sal tref om hulself te beskerm.

Me die Speaker, die kommersile landbou sal nie sy bydrae tot ekonomiese ontwikkeling en vooruitgang in die landelike gebiede kan volhou teen die agtergrond van die verslegtende veiligheidsituasie nie.

Mnr Chris du Toit, President van Agri SA, het verlede week ges dit word al moeiliker om slegs simpatie uit te spreek en hande te wring en nie ook kwetsende uitlatings te maak oor die vermo van politici en die Strafregstelsel om 'n einde aan die vlaag aanvalle en moorde te maak nie. Meneer, ons kan mnr Chris du Toit nie oor hierdie uitlating kritiseer nie.

Indien die nasionale Ministers van Veiligheid en Sekuriteit en van Verdediging nog nie gereageer het op versoeke van Agri SA vir dringende gesprekke oor hierdie aangeleentheid nie, wil ek 'n ernstige beroep op die Wes-Kaapse Regering doen om hulp te verleen om hierdie gesprekke aan die gang te kry.

Tydens die onlangse plaasmoorde in die Citrusdal-distrik is selfs die eienaar se die hond doodgeskiet. Hierdie Huis wil die SAPD gelukwens met hul vinnige optrede in hierdie geval, waar die aanvallers enkele ure na die moorde aangekeer is.

Me die Speaker, indien die Staat nie by magte is om di moorde op plase te stop nie, wil ek hierdie Huis versoek om daadwerklik stappe te implementeer om ons landbougemeenskappe in die Wes-Kaap te beveilig.

Mnr M L FRANSMAN: Me die Speaker, voordat ek met my toespraak begin, dink ek dit is gepas om te vra vir 'n minuut van stilte om eer te betoon aan die familie, vriende en kollegas van die Marais-familie wat op 8 Augustus 2000 in die Citrusdal-distrik wreed vermoor is. Ek versoek dat ons opstaan.

Een minuut van stilte word gehandhaaf.

Mnr M L FRANSMAN: Dankie. 

Me die Speaker, die landbou in die Wes-Kaap is van kardinale belang. Dit is die belangrikste element van die ekonomie van die provinsie. Die Wes-Kaap produseer sowat 20% van Suid-Afrika se totale landbouproduksiewaarde. Die landbou verskaf 38% van die formele werkgeleenthede op die platteland en onderhou sowat 1,2 miljoen mense in die Wes-Kaap.

Terwyl dit baie positief is, is daar egter ander werklikhede wat aan die landbou gekoppel is. Daar heers geweldige wanbalanse in grondeienaarskap in die provinsie. Goeie en prima landbougrond behoort aan 'n klein minderheid, terwyl bruin en swart opkomende boere gevestig word op relatief swak landbougrond. Hierdie grondpatrone was nie die resultaat van 'n groot "bang" nie, maar was wel die resultaat van dekades en eeue waarin die inheemse mense van die Wes-Kaap hul grond verloor het deur rowery, brutale mag en geweld. Gesondheidstoestande op plase is haglik en baie plaaswerkers ly aan die ergste vorme van TB. Armoede onder plaasbewoners is aan die orde van die dag. 

Di punte is maar van die baie realiteite wat die plaassektor in die Wes-Kaap in die gesig staar. Daar moet klem gel word op die feit dat geweld op plase deel is van 'n groter geheel; 'n geheel waarbinne ons samelewing, hetsy op plase, op dorpe, in groot stede of op die Kaapse Vlakte, vasgevang is. Hierdie samelewing moet verstaan word in die konteks van Maslow se teorie dat, voordat die basiese behoeftes van die armstes van die armes aangespreek word, die sosiale euwels sal voortduur.

Onlangse tye het bewys dat die landbou in die Wes-Kaap baie moeilike tye beleef. Ek dink my kollega het daarvan gepraat. Die huidige politieke ekonomiese omstandighede in die internasionale arena het 'n direkte effek op die landbou. Een van die struikelblokke na groei van die landbou-ekonomie is die internasionale mededinging en die dominering van wreldmarkte. Gevolglik word van ons verlang om ons landbouproduksiestelsels te herrangskik en innoverend op te tree, om sodoende die beste kwaliteit produkte te verseker. 

Die ander struikelblok is die voorkoming van die geweld wat op plase plaasvind. Geweld op plase eindig gewoonlik met moord, aanrandings, diefstal en verkragtings. Geweld dra by tot die swak beeld van die landbou. Diegene wat hulself skuldig maak aan sodanige geweld, is boere, plaaswerkers, bendes en gesinsgeweldenaars. Die Wes-Kaap het, tragies, 'n baie lang geskiedenis van die eksploitasie van plaaswerkers. Sodanige eksploitasie kry gestalte in die swak lewensomstandighede, lae lone, en so meer. Wat ons nodig het, is die regte gesindheid onder almal in die plaasgemeenskap.

Na my mening is dit egter nie moontlik met 'n strategie van 'n opposisie ter wille van opposisie nie, waar ons al meer net wil opponeer en nie van samewerking praat nie en nie verseker dat ons 'n nasionale identiteit bou nie. Ek pleit gevolglik vir nouer samewerking tussen alle sfere van regering om hierdie probleem aan te spreek.
Geweld op plase doen ons almal skade. Dit is sigbaar wanneer werkers, wat jare lank die drang om selfverdediging moes onderdruk, hul mishandelaars leed aandoen.

Toe my kantoor met die mediabeampte by die Citrusdal Polisiekantoor geskakel het, het inspekteur Smit ges dat die beskuldigdes aanvoer dat hulle dit gedoen het - en die rede is nie goed genoeg nie - was dat hulle gevoel het daar was teen hulle gediskrimineer en dat hulle nie genoeg betaal is nie. Dit op sigself kan nooit 'n rede vir moord wees nie. Ons moet verseker dat ons selfs dit aanspreek.

Dit is die tipe sosiale omstandighede waarna ek verwys het. Ek wil dit baie duidelik stel dat ons dus 'n brer plan en visie benodig om die geweld op plase aan te spreek. Die ANC doen op die Huis 'n beroep om 'n inklusiewe kommissie van ondersoek in te stel ten opsigte van die omstandighede op plase wat aanleiding tot geweld gee, om seker te maak dat ons nie net dit aanspreek wat ons in staat stel om misdadigers te vang nie, maar om te verseker dat ons ook die wortel van die probleem aanspreek en middele vind om, wanneer daardie wortel met armoede en die sosiale euwels van ons gemeenskap te doen het, dit te ondervang. Die kommissie van ondersoek moet nie net ondersoek instel na aanvalle op boere nie, maar ook na aanvalle op plaaswerkers, gesinsgeweld op plase en alle tersaaklike aspekte.

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Me die Speaker, op 'n punt van orde: ek wou die spreker nie vroer onderbreek het nie, maar ek voel dit is 'n swak presedent wat gestel word dat 'n spreker in sy toespraak die Huis kan vra om ter nagedagtenis van iemand vir 'n minuut stilte op te staan. Ek glo dit moet die Speaker se voorreg wees om dit te kan doen, omdat daar omstandighede kan wees waar daar nie eenstemmigheid aan albei kante van die Huis is nie en dit 'n verleentheid kan wees. Ek vra u om 'n beslissing hieroor te gee, sodat hierdie president nie geskep word nie.

*Die ADJUNKSPEAKER: Orde! Ek sal 'n beslissing aan die einde van hierdie debat gee.

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Dankie, me die Speaker.

Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID: Me die Speaker, ek wil ter aanvang baie graag vir die agb lid mnr Williams bedank dat hy hierdie onderwerp op die tafel gesit het vir bespreking. Ek dink dit is baie relevant en die Huis moet hiervan kennis neem. Ek dink baie van ons debatte sal oor hierdie aangeleentheid handel, en ons kan op geen manier hierdie aangeleentheid onder die mat invee nie.

Me die Speaker, soos die agb lid mnr Williams tereg uitgewys het, en ook die agb lid mnr Fransman, was dit die wrede moord op die bejaarde egpaar, Willem en Anna Marais van Citrusdal, wat die fokus weer baie skep op die aanvalle op plase en kleinhoewes geplaas het.

*Me die Speaker, die verskynsel van aanvalle op plase en kleinhoewes is baie sorgwekkend, veral soos daarop gewys is, die sinnelose geweld wat daarmee gepaard gaan. Dit is nie net tot die plase beperk nie. Ons vind dat dit nou 'n algemene verskynsel word.

Daar was 'n paartjie en 'n swaer van Rylands wat 'n roomyswinkel in die Strand gehad het. Hulle is twee naweke gelede vermoor. Hulle was bereid om die geld te oorhandig en hulle is brutaal voor hul agtjarige en sesjarige kinders vermoor. Daar was geen rede daarvoor nie. Ons het so pas die verhoor van die Franschhoek-moordenaars beleef. Daar is 'n ernstige siekte in ons gemeenskap - dit is nie tot die plase beperk nie, aangesien 'n mens dit oral vind - waar die lewe self iets geword het wat nie gerespekteer word nie. Dit is 'n saak wat groot kommer wek en ons vind dit in so baie gebiede.

In die tydperk 1 Januarie tot 31 Desember 1999 was daar 52 insidente van aanvalle op plase en kleinhoewes in die Wes-Kaap en 11 gevalle van moord. Ander gevalle sluit natuurlik in poging tot moord, roof met 'n vuurwapen, verkragting, aanranding en huisbraak.

Die goeie nuus is, en ek moet met die agb lid mnr A J Williams saamstem dat ons die polisie moet bedank, dat met die uitsondering van een van die 11 gevalle van moord, die SAPD 'n aantal verdagtes gearresteer het en dat die gereg besig is om sy loop met hulle te neem.

Die Wes-Kaap kom betreklik lig daarvan af - en dit is regtig 'n baie relatiewe term. As ons na die nasionale prentjie kyk, is die syfer regtig onaanvaarbaar hoog. Daar is provinsies met wie ons simpatie kan h, veral Gauteng en KwaZulu-Natal, waar dit op die oomblik baie erger gaan.

Die vraag is baie dikwels: wat motiveer hierdie aanvalle? Heelwat navorsing is reeds hieroor gedoen en dit wil voorkom asof misdaad in baie van die gevalle 'n groot rol speel. Dit is nie eintlik 'n politieke geval nie, veral nie in die Wes-Kaap nie. Geweld word egter gebruik, en dit is kommerwekkend.

In die geval van die moorde op die Marais-egpaar word daar beweer dat die moorde gepleeg is omdat die beskuldigdes nie met hul salarisse tevrede was nie. Ek wil met die agb lid mnr Fransman saamstem, dit is geen, maar geen motivering of regverdiging vir die optrede nie. Daar is baie ander meganismes waardeur dit aangespreek moet word.

'n Oorkoepelende strategie om die probleem aan te spreek is nodig. Meer volledige inligting oor sodanige strategie sal inderdaad binnekort beskikbaar gestel word. Die betrokkenes is besig om daaraan te werk. Intussen is dit belangrik, veral vir bejaardes, om alle moontlike stappe te doen om hul veiligheid te verseker. Dit is veral van belang om die identiteit en, waar moontlik, ook die agtergrond van werknemers na te gaan. Dit gaan nie net om die plaaswerkers nie, maar om alle diensnemers.

*Die antwoord vir hierdie bedreiging sal gevind moet word in verskerpte veiligheidsbewustheid onder alle potensile slagoffers en nouer samewerking tussen al die betrokkenes, met inbegrip van die veiligheidsmagte. Daar is verskeie veiligheidsmaatrels wat getref kan word om veiligheid op plase en kleinhoewes te verskerp. Dit sluit verskerpte veiligheidsmaatrels binne sowel as buite die plaashuis in. Kontant moet nie op die plaas gehou word nie. Goeie waghonde bly een van die goedkoopste en effektiefste afskrikmiddels. Daar moet ook 'n effektiewe kommunikasiestelsel wees wat die plaas met buurplase en veiligheidsmaatskappye koppel, en voorsorgmaatrels moet getref word om 'n mens se gewoontes te wissel wanneer jy by die plaas aankom of dit verlaat.

Me die Speaker, laat my toe om te s dat ek nie die verantwoordelikheid op private burgers afskuif nie. Veiligheidsmagte moet klaarblyklik hul bedrywighede opskerp - hulle moet baie beter doen. Dit is egter 'n feit dat oral in die wreld, nie net in Suid-Afrika nie, veiligheid onder alle seksies van die bevolking verskerp moet word omdat misdaad toeneem en dit 'n wreldwye verskynsel is.

Die statistiek bewys dat die insette wat tot dusver gelewer is om hierdie vorm van misdaad te verhoed, nie baie suksesvol was nie. Daar word egter wel suksesse behaal met die arrestasie van verdagtes en dit, saam met die suksesvolle vervolging van die skuldiges, sal mettertyd deurwerk. Wees verseker dat dit, saam met ons ander prioriteite, by ons baie ho prioriteit geniet.

Ek wil regtig reageer op die agb lid mnr Williams se versoek. Ons in die Provinsiale Regering is heeltemal bereid om met die georganiseerde landbou hieroor te gesels en daadwerklike strategie te ontwikkel. Ons sal dit doen in samewerking met wie ook al nodig is. Ons is sekerlik bereid om dit te doen.

*Om af te sluit, me die Speaker, stabiliteit op die platteland is in die direkte belang van Suid-Afrika en al sy wetsgehoorsame burgers. 'n Stabiele en produktiewe boerderygemeenskap is in 'n sekere sin 'n uitbreiding van 'n staat se sigbare gesag en orde op die platteland. Indien die boerderygemeenskap in duie sou stort as gevolg van 'n totale ineenstorting van veiligheidsmaatrels, sal die ekonomie van die platteland en die Staat se gesag in hierdie gebiede heel waarskynlik dieselfde paadjie loop. Dit is iets wat Suid-Afrika glad nie kan bekostig nie.

Mnr H A LEWIS: Me die Speaker, die UDM wil alle vorme van gewelddadigheid, misdaad en kriminaliteit, waar dit ook al gepleeg word, ongeag of dit in 'n huis, in 'n straat, in 'n stegie of op 'n plaas gepleeg word, en deur die gebruik van watter voorwerp ook al, ongeag of dit fisies, met 'n stomp onbekende voorwerp, met 'n vuurwapen of 'n bom is en teen wie ook al gerig, veroordeel en verwerp met die minagting wat dit verdien.

Plaasmoorde wil ek binne daardie konteks sien. Ek wil nie h ons moet plaasmoorde uitlig as 'n unieke vorm van misdaad wat iewers gebeur en wat anders is as die misdaad waarmee ons op 'n daaglikse basis binne die brer gemeenskap te doen het nie. As ek dit s, s ek nie die voorstel wat ingedien is, is nie belangrik nie. Ek wil egter graag plaasmoorde binne daardie brer konteks sien.

Hoewel die reg van die media om die gemeenskap ingelig te hou, erken en gerespekteer word, vrees ek by tye dat die persepsie kan ontstaan dat plaasmoorde effens uitgelig word en amper belangriker geag word - ek weet nie of 'n mens kan s moord is belangriker nie - as ander vorme van misdaad. Meer nog, die media kan ook die persepsie versterk dat plaasmoorde noodwendig 'n swart:wit-fenomeen is, of dat dit 'n arbeider:plaaseienaar-verskynsel is. Ek wil die media versoek om, wanneer hulle met hierdie tipe geweld omgaan, veral wanneer dit gekoppel word aan wat in Zimbabwe gebeur, versigtig te wees en vir ons in die land te help om vas te stel op watter manier die klemverskille 'n bietjie verplaas kan word en nie persepsies na buite negatief kan versterk nie.
Me die Speaker, moord per se is 'n simptoom van iets anders. Die gevaar kan bestaan dat 'n mens jou net blind staar teen die moord en nie probeer identifiseer of daar ander dinge is wat tot die pleeg van die moord aanleiding gegee het nie.

Ek erken ek is nie heeltemal opgewasse om werklik die hele aangeleentheid in perspektief te plaas nie. Ek vra myself die volgende vrae af: moor mense net ter wille van moord pleeg, of is daar ander diepliggende oorsake betrokke by sodanige geweld? Sou 'n mens daardie diepliggende oorsake kan identifiseer? Is daardie diepliggende oorsake oorbrugbaar? Het ons nie te doen met skewe interpersoonlike menseverhoudinge met rolspelers op plase nie? Een daarvan ... [Tyd verstreke.]

Mnr S E BYNEVELDT: Me die Speaker, die gemoed is swaar. Wanneer die hand van misdaad sy draai kom maak en lewens in die slag bly, kan ons nie anders as om die gevoel van verlies te deel nie. Ons het 'n plig as politici en as godsmense.

Die gemoed is swaar. Die moord op die Marais-egpaar laat 'n verlies by hul familie. Die ANC en ek en my familie ween oor daardie verlies, soos ons ween oor die verlies wat Valencia, Aziswa, Chantene en die vele ander gelaat het.

Moord en doodslag, wat ook al die beweegrede sou wees, is onaanvaarbaar. Dit hoort nie tuis in ons samelewing nie. Ons boodskap in daardie verband moet nie dubbelsinnig wees nie.

Me die Speaker, ek wil die agb lid mnr A J Williams bedank omdat hy di fokus na die Huis gebring het. 

Die Burger van 1 Mei 2000 het die agb Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke onder die opskrif, "NNP prys Wes-Kaapse Plaaswerkers", soos volg aangehaal:

Plaaswerkers se invloed en bydrae tot die Wes-Kaapse ekonomie moet nie onderskat word nie. Dit is waarom ons kan spog met 60% van die land se landbou-uitvoer. Ek is trots op die plaaswerkers van die Wes-Kaap.

Die agb Minister het verder ges, "Ons moet nie net oor plaaswerkers praat nie", so asof hy daarmee saam s dat dit 'n doen-ding is.

Tog, en ek s dit met respek, die agb Minister se opmerkings spreek so anders as sy dade. Dit is in skrille kontras met sy doodse stilte en klanklose teenwoordigheid wanneer berig ontvang word van 'n plaaswerker wat aangerand of doodgeslaan is. Hy is dan eenvoudig muis, in totale reses, en is slegs sy oorverdowende stilte hoorbaar. Ek probeer hard, maar kan nie, en betreurenswaardig so, 'n enkele geleentheid oproep dat ek 'n berig waargeneem het of 'n opmerking van sy kant gehoor het na skuldigbevindings en vonnis op sodanige aanrandings of doodslag gevolg het nie.

Onlangs is mnr Willem Odendaal gevonnis tot een jaar gevangenisstraf en 'n boete van R1 500 nadat hy een van sy plaaswerkers aangerand het. Op dieselfde dag wat hy gevonnis is, is nog 'n boer in die Riversdal-distrik in hegtenis geneem op aanklag daarvan dat hy 'n plaaswerker, me Hendrina January, met 'n vuurwapen gedreig het. Nie 'n enkele geluid daaroor is van die agb Minister gehoor nie. Tog s hy ons plaaswerkers is kosbaar. Na my mening is dit 'n absolute skande. Terloops, mnr Odendaal het sedert 1992 10 keer op soortgelyke aanklagte in die hof verskyn.

Ek moet s, ek is nie verras nie. Nadat die agb Minister vandag die stilte verbreek het, verstaan ek waarom hy so stil was. Sy boodskap is eenvoudig: dit is goed, dit gaan goed en dit is wel met ons plaasmense. Vroer vanmiddag, tydens 'n interpellasie, het hy ges ons moet 'n definisie vind vir "onmenslike brutaliteit". 'n Leksikale oefening gaan nie die realiteit wat die mense op ons plase beleef, verander nie. Ons kan die oefening deurgaan, maar na my mening sal geen intellektuele waarde daaraan gekoppel kan word nie.

Jonathan Willemse is 'n 14-jarige bruin seun. 'n Boer het hom onlangs aan 'n tou om sy enkels in 'n stoor opgehang. Die agb Minister s dit gaan goed - dit was 'n boer se handeling.

Vroer vandag is 'n klagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer deur 'n 39-jarige bruinman, mnr Felix September, teen die eienaar van die plaas Swart Water, mnr Gert Oosthuizen, by die Albertinia Polisiekantoor gel. Mnr September is met die wielspeek van 'n ou ossewa aangerand en van die plaas af gejaag. Hy en sy swanger vrou moes na afloop daarvan in die veld slaap totdat iemand anders hulle nou ingeneem het.

Ek wil van die agb Minister weet of dit 'n geval van bruin en swart lewens teenoor wit lewens is. Nou moet hy praat. Hy moet gehoor word.

Die ANC was deurlopend konsekwent. Die President het by wyse van mediaverklarings en ander -berigte op 17 Februarie 2000 die veiligheid op ons plase hoog op die agenda geplaas. 'n Proses met Agri SA sou volg. Die ANC in hierdie provinsie se rekord spreek sigself. Ons veroordeel hierdie aanvalle ten sterkste. Ons doen en late getuig daarvan.

Dit is goed en wel om te praat van moord en doodslag op plase. Die agb lid mnr A J Williams het met sy inleiding van hierdie debat genoem dat dit nie net die boere is wat daardeur geraak word nie, maar ook plaaswerkers. Trouens, Die Burger van 2 Augustus 2000 dra 'n berig tot daardie effek.

Me die Speaker, ons verskil egter. Dit is hoe ek dit aan die agb Minister wil voorhou, sy handelinge, of die gebrek daaraan, registreer in 'n mate die verskil deurdat sy klanke gehoor word wanneer boere aangeval word, en heeltemal tereg so, maar wanneer 'n plaaswerker skade ly, gaan hy eenvoudig ondergronds. As ons van gelykberegtiging praat, moet ons, soos die agb lid mnr Lewis dit gestel het, moord en doodslag veroordeel met die minagting wat dit verdien.

Is dit kleur-gebonde? Dit is die vraag wat die plaaswerkers daagliks vra, ook tydens my plattelandse besoeke. Dit is dikwels moeilik om daarop te antwoord, want die agb Minister is so stil dat ek hom nie eens kan aanhaal nie. [Tyd verstreke.]

*Die ADJUNKSPEAKER: Orde! Ek wil my beslissing nou, voordat die Speaker aankom, oor die versoek om 'n minuut van stilte gee.

Enige versoek dat die Huis 'n minuut van stilte handhaaf, is effektief 'n voorstel. Met ander woorde, dit is 'n vraag wat aan die Huis gestel word om dit te oorweeg om daaroor 'n beslissing te gee. So 'n voorstel sou vooraf kennisgewing aan die voorsittende beampte verg, of dit nou ek, die Speaker of enige van die Tydelike Voorsitters is.

In hierdie geval het ek die versoek toegelaat, gegewe die gemoedstoestand in die Huis en die aard van die debat. Dit moet egter nie as 'n presedent beskou word nie, want dit kan baie gevaarlik wees indien agb lede hiermee voortgaan. Ek dink nie dat agb lede dit sal doen nie, omdat ons almal die oomblik van stilte met die respek bejen wat dit verdien. Dit kan egter nie, soos ek ges het, as 'n presedent beskou word nie.

Ek beslis dus dat alle versoek om 'n oomblik van stilte in die toekoms aan die voorsittende beampte gerig moet word, of dat die voorsittende beampte vir 'n oomblik van stilte sal vra.

Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: Me die Speaker, baie dankie vir die geleentheid om repliek te lewer. Ek wil die sprekers bedank wat 'n positiewe bydrae gelewer het, en in die besonder vir die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid. Ek wil hom ook bedank vir die hulp wat hy aangebied het.

Ek wil my misnoe uitspreek oor dit wat ek die afgelope paar minute van die agb lid mnr Byneveldt gehoor het. Ons het 'n debat aangevra oor aanvalle op boere in die provinsie. Die agb lid mnr Byneveldt het hierdie debat geswaai en juis boere in die provinsie aangeval.

Me die Speaker, ek is baie ernstig hieroor. Die debat handel oor moorde, en hier is veralgemenings gemaak en boere is beskuldig van dinge waaraan hulle nog nie in die hof skuldig bevind is nie. Ek het my in die verlede nog altyd uitgespreek teen onregverdige en brutale optrede, en vandag weer, as hy wou luister. Ek wil nie hierdie debat verder laat daal nie, dus sal ek nie verder op hierdie punt ingaan nie.

Me die Speaker, 'n akkerboom kan nie welig groei as parasiete sy wortels aanval nie. Die landbou kan nie produseer as aanvallers hom lam l nie. Landbouers kan nie agter tralies of ho mure boer nie. 'n Landbouer kan ook nie met 'n geweer of 'n rewolwer in sy hand boer om homself te beskerm nie, want hy het sy hande nodig om te boer.

Dit is so dat die 800 landbouers wat sedert 1994 in Suid-Afrika vermoor is, dui op 'n onrusbarende patroon wat ernstige implikasies inhou vir reg en orde, en uiteindelik vir die demokrasie. Stabiliteit op ons plase en in ons landelike gebiede is noodsaaklik vir die landbouers om te kan produseer, en ook vir die landelike ontwikkeling. Hoe meer aanvalle op plase plaasvind, hoe meer mense trek uit die landelike omgewing weg en hoe meer mense verlaat ons vaderland.

*Die stygings moet gesien word teen die toename wat alreeds in 1998 plaasgevind het. Indien die vlak van moorde in die kommersile landbougemeenskap, met inbegrip van swart boere, as 'n groep uitgedruk word, beloop dit 274 boere per 100 000 van die bevolking wat per jaar vermoor word. Dit is die hoogste syfer per groep, gevolg deur die SAPD met 153 per 100 000 van die bevolking.
Dit raak nie net gesinne nie, maar plaaswerkers en hulle gesinne wat 'n tuiste in die landbou vind en daarop vir hul lewenstog staatmaak.

Die fisieke aanslag waaraan die landbou blootgestel word, kan nie toegelaat word om voort te duur nie. Eerstewreldse tegnologie en kundigheid is in kommersile landbou bel. Bates moet beskerm word om stabiliteit en voorspoed in die plattelandse omgewing te verseker. Suid-Afrika het sy landbou nodig, wat, deur middel van kundigheid, 'n noodsaaklike lewenslyn met die res van die wreld vorm.

Die vraag is: wat doen die Regering om hierdie verwoestende impak op die voedselprodusente van hierdie land in 'n vreedsame rigting te stuur? Ek wil regtig 'n beroep doen op die President van Suid-Afrika dat hy 'n slag vir ons wys dat hy ook ernstig is met die landelike omgewing. Verder wil ek vra dat hy 'n slag vir ons 'n antwoord gee oor die droogte in die Suid-Kaap. Ek wil ook vir hom s dat hy hom 'n slag openlik moet uitspreek oor moorde op boere.

Mnr die Speaker, wat gebeur is ons is sag met misdadigers, en ons is stil - ons hoor nie daarvan nie.

Mnr die Speaker, ek wil voortgaan. Dit help nie ons s hier ons moet 'n minuut van stilte handhaaf in simpatie met mense wat reeds oorlede is nie. Dit help nie ons s ons gemoed is vandag swaar en ons is dramaties daaroor nie. Ons moet ophou verskonings soek. Ons moet ophou verskonings soek vir misdadigers. Ons moet nie vir hulle s hulle boer op swak grond nie. Ons moenie boere beskuldig nie. Ons moenie die gesindheid beskuldig nie.

Ek wil vir die ANC beskuldig. Hulle is besig om 'n wig in te dryf tussen plaaswerkers en boere. Hulle is deel daarvan dat die gesindheid vertroebel word, omdat hulle die plaaswerkers onnodighede en onwaarhede inpomp.

Me A ROSSOUW: Mooi, Gerrit.

Die MINISTER: Hulle is besig om haat te kweek.

Mnr die Speaker, die wortel van hierdie probleem is misdadigheid en niks anders nie. Hierdie misdadigers is besig om die platteland te beset met hul kriminele dade. Almal van ons is nou moeg om ons hande te vryf en meegevoel te betuig. Kom ons hou op verskonings soek. Kom ons spreek ons hard en duidelik uit teenoor misdadigheid. Kom ons veroordeel die misdadigers en tree hard teen hulle op. [Toejuiging.]

Debat afgesluit.

Die Huis verdaag om 17:56 tot Donderdag, 7 September 2000.



AANKONDIGINGS, TERTAFELLEGGINGS EN KOMITEEVERSLAE

DONDERDAG, 10 AUGUSTUS 2000

TERTAFELLEGGINGS:

Die Speaker:

1. Provinsiale Tesourie-antwoorde op:

* Verslag van die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge, Finansies, Ekonomiese Sake en Pensioene, 1997 (Aankondigings, Tertafelleggings en Komiteeverslae No. 23-1998, gedateer 20 Augustus 1998)

* Verslag 5 op bladsy 104 van die Verslag van die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge, 1998 (Aankondigings, Tertafelleggings en Komiteeverslae No. 30-1998, gedateer 1 Desember 1998)

* Eerste Verslag van die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge, 2000 gedateer 9 Junie 2000 (Aankondigings, Tertafelleggings en Komiteeverslae No. 14-2000, gedateer 22 Junie 2000)

2. Verslag van die Ouditeur-generaal oor die finansile state van Begrotingspos 15 - Publieke Werke van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap vir die jaar geindig 31 Maart 1999 [PR 82/2000].

3. Verslag van die Ouditeur-generaal oor die finansile state van Begrotingspos 1 - Premier van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap vir die jaar geindig 31 Maart 1999 [PR 85/2000].

4. Verslag van die Ouditeur-generaal oor die finansile state van Begrotingspos 13 - Plaaslike Bestuur van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap vir die jaar geindig 31 Maart 1999 [PR 88/2000].

5. Die Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning:

Verslag van magtiging ingevolge artikels 25(4)(a) en 25(5) van die Public Finance Management Act (PFMA) (Wet 1 van 1999), gedateer 26 Julie 2000, soos volg:

Ingevolge artikels 25(4)(a) en 25(5) van die PFMA, doen ek hiermee verslag oor die volgende magtiging vir tertafellegging in die Provinsiale Parlement en die openbaarmaking daarvan:

Ingevolge die magte aan my verleen deur artikel 52(1) van die PFMA (Wet 1 van 1999), en artikel 5 van die Wes-Kaapse Wet op Regstreekse Laste, 2000 (Wet 6 van 2000), het ek, Leon D Markovitz, provinsiale Minister belas met finansile aangeleenthede, die onttrekking van R8,9 miljoen van die Wes-Kaapse Provinsiale Inkomstefonds vir die 2000/01 boekjaar as 'n regstreekse las gemagtig om uitgawes van 'n buitengewone aard te delg, waarvoor daar nie tans voorsien word in Begrotingspos 3 - Finansies nie, om die werksaamhede van die Wes-Kaapse Raad op Dobbelary en Wedrenne te volhou en wat nie tot 'n volgende begroting deur die Provinsiale Parlement uitgestel kan word sonder ernstige benadeling van die openbare belang in die Provinsie nie.

KOMITEEVERSLAG:

Verslag van die Ad hoc-komitee oor die Wes-Kaapse Fiskale Beleid, 2001-2004, gedateer 21 Julie 2000, soos volg:

Nadat die Ad hoc Komitee oorweging geskenk het aan die onderwerp van die Wes-Kaapse Fiskale Beleid, 2001-2004, wat na hom verwys is, het hy die eer om soos volg verslag te doen:

INLEIDING

Die Komitee wil sy opregte dank uitspreek teenoor Dr J C Stegmann en al sy personeel vir die positiewe werksverhouding en in besonder die rol wat hulle gespeel het in die transformasie van die begrotingsproses tot 'n uitkomsgebaseerde begroting.

ALGEMEEN

* Die Komitee het met kommer kennis geneem van die probleme wat gedurende die proses uitgewys is, met spesifieke verwysing na die proses wat gevolg is, tydsberekening van die proses met betrekking tot die verspreiding van dokumente en die bespreking daarvan, en die struktuur en formaat van die proses.

Aanbevelings

* Dat in die toekoms alle lede eers deur 'n kapasiteitsbou-oefening geneem word waardeur die uitkomsgebaseerde begrotingproses en terminologie aan hulle verduidelik word, waarna ad hoc-komitees aangestel word om die onderskeie hoofstukke van die dokument te bespreek.

* Dat meer tyd beskikbaar gestel word vir die verspreiding van die dokumente, bespreking daarvan in die onderskeie koukusse en in die ad hoc- komitees.

* Dat die Minister van Finansies en die Hoofde van Departemente teenwoordig is tydens die bespreking van die dokumente en dat departemente ingelig word wat van hulle verwag word.

* Kennis word geneem dat Junie/Julie die begin is van die begrotingsproses en beveel aan dat daar vir die proses in die Parlementre program voorsiening gemaak moet word.

HOOFSTUK 1

* Die Komitee wil professor van der Berg bedank vir die rol wat hy gespeel het in die uitkomsgebaseerde begrotingsproses en waardeer die inligting wat hy aan die lede oor die Wes-Kaapse ekonomie voorsien het. 

Aanbevelings

* Dat die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe op 'n gereelde basis voorsien word van opgedateerde statistieke en inligting oor die Wes-Kaapse ekonomie.

* Dat die Provinsiale Kabinet kennis neem van die ses strategiese eindresultate van die Nasionale Regering en dat daar 'n duidelike sinkronisering en skakeling tussen die nege strategiese eindresultate van die Provinsiale Kabinet en die ses van die Nasionale Regering is.

* Dat werkskepping, voldoening aan die basiese behoeftes van die armes, herskepping van regeringsliggame, generering van eie inkomste en die herverspreiding van grond oorweeg word om 'n duideliker verhouding tussen nasionale eindresultate en provinsiale eindresultate daar te stel.

* Dat meer inligting ingesluit word oor geslagstatistieke en ongelykhede.

* Dat daar 'n definitiewe verband tussen hoofstuk een en elke departement se insette is en dat daar duideliker skakeling is terme van hulle kern-meetbare doelstellings.

HOOFSTUKKE 2 TOT 11

Aanbeveling

* Die Komitee wil sy kommer uitspreek oor die standaard van die kern-meetbare doelstellings, toekomsblik en prestasie-aanwysers van departemente en die Parlement, en beveel aan dat hulle terugverwys word vir hersiening; dat hulle later in die boekjaar in die dokument oor Begrotingsverklaring 2 ter tafel gel word; en dat hulle volgende jaar deel vorm van hierdie dokument. 

HOOFSTUK 12

Aanbeveling

* Dat alle staande komitees genoem word as sleutel-oorsig-funksionarisse en nie net die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge nie.

HOOFSTUK 13

Aanbeveling

* Die Komitee wil sy waardering uitspreek vir die deursigtigheid in hierdie hoofstuk en beveel aan dat voordat enige provinsiale departement 'n ooreenkoms aangaan wat moontlike aanspreeklikheidsfaktore bevat, die Minister van Finansies en die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe geraadpleeg word.

HOOFSTUK 14

Aanbevelings

* Die Komitee wil sy kommer uitspreek dat die hoofstuk oor spesiale behoeftes, veral in terme van ho prioriteitsareas en hulle uitsette, as 'n nagedagte deur departemente oorweeg is. Die Komitee beveel aan dat hierdie hoofstuk terugverwys word na die departemente; dat hulle herprioritiseer; en in hulle hoofbegroting daarvoor voorsiening maak.

* Dat voordat die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe enige verdere personeeluitgawes in terme van spesiale behoeftes aanbeveel, 'n volledige personeelbestuursplan en raamwerk aan hom voorgel word.

HOOFSTUK 15

Aanbevelings

* Dat die kriteria met betrekking tot die provinsiale Kabinets-eindresultate gewysig word met spesifieke klem op dienslewering aan die armes.

* Dat die generering van eie inkomste oorweeg word as 'n opsie om kapitaalprojekte te finansier.

MAANDAG, 21 AUGUSTUS 2000

TERTAFELLEGGINGS:

Die Speaker:
				
1. Provinsiale Tesourie-antwoorde op:

Eerste Verslag van die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge, 2000, gedateer 9 Junie 2000. (Resolusies 2-11, 13-16, en 18-24) (Aankondigings, Tertafelleggings en Komiteeverslae No. 14-2000, gedateer 22 Junie 2000).

2. Jaarverslag van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap 1998 - 1999.

3. Wetsontwerpe ontvang van die nasionale Parlement en ter tafel gel deur die Speaker ingevolge Rel 208:

(i) Directorate of Special Operations Bill [B39-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(ii) Finansieswetsontwerp [W40-2000]. 

(iii) Competition Second Amendment Bill [B41-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(iv) Adult Basic Education and Training Bill [B42-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).
(v) Wetsontwerp op die Nasionale Raad vir Biblioteek- en Inligtingsdienste [W44-2000].

(vi) Wysigingswetsontwerp op Kultuurwette [W45-2000].

(vii) Tweede Wysigingswetsontwerp op Kultuurwette [W46-2000].


1854	DINSDAG, 22 AUGUSTUS 2000


		
	DINSDAG, 22 AUGUSTUS 2000 	1853


